Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump dreig om steun aan WHO te onttrek

“As hulle nie hul sokkies optrek nie”, sal hy Amerika aan die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) onttrek, het pres. Donald Trump van Amerika Donderdag in ’n onderhoud met Bloomberg News gedreig.

Pres. Donald TrumpFoto: AP

Die WHO is gestig om wêreldhandel glad te laat verloop en konfrontasie op handelsgebied tussen lande uit te stryk.

Reuters berig só ’n besluit kan wêreldhandel, waaraan Amerika help skep het, se fondamente skud.

Trump meen Amerika word onregverdig behandel wanneer dit kom by wêreldhandel en hy pak die skuld glo op die WHO wat dit toelaat. Hy het ook met “stappe” teen die organisasie gedreig, hoewel hy nie daarop uitgebrei het nie.

BBC berig Trump meen die 1994-ooreenkoms om die WHO op die been te bring, “was die swakste handelsbesluit nog”.

Sy dreigement om Amerika aan die organisasie te onttrek, belig die konflik tussen Trump se handelsbeleid en die WHO se ope handelstelsel.

Trump het al sy misnoeë oor die WHO uitgespreek selfs voordat hy president geword het. Hy het verlede jaar aan Fox News gesê hoe die WHO almal bevoordeel behalwe Amerika, en uitgelig dat die land byna al sy WHO-hofsake verloor.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.