Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump dreig Turkye oor pastoor van VSA

Pres. Donald Trump en sy adjunk, Mike Pence, het ’n ultimatum aan Turkye gestel om klagte te laat vaar teen ’n Amerikaanse evangelis wat in hegtenis geneem is weens sy beweerde bande met onwettige politieke groepe.

Die BBC berig past. Andrew Brunson, ’n Presbiteriaanse evangelis uit Noord-Carolina, is Woensdag uit die tronk vrygelaat en onder huisarres geplaas.

Hy is beveel om ’n elektroniese moniteringstelsel te dra.

Past. Andrew Brunson Woensdag in Izmir, Turkey nadat hy uit die tronk vrygelaat is. Foto: Reuters

Hy is in 2016 tydens ’n mislukte staatsgreep saam met joernaliste, akademici en ander Christene in hegtenis geneem. Hy woon permanent in Turkye.

Trump dring egter aan op sy onmiddellike vrylating anders sal Turkye, ’n Navo-bondgenoot, deur “groot sanksies” in die gesig gestaar word.

CNN berig die departement van buitelandse sake in Turkye sê egter Amerika se eis is “onaanvaarbaar”

“Niemand gee Turkye bevele of dreig ons land nie,” het Hami Askoy, ’n woordvoerder, gesê.

“Die VSA sal sanksies teen Turkye op lang termyn instel weens die aanhouding van past. Andrew Brunson, ’n prominente Christen, gesinsman en wonderlike mens,” het Trump getwiet.

“Hy ly en is ’n onskuldige gelowige wat dadelik vrygelaat moet word,” lui die twiet verder.

Pence het vroeër, voordat Trump getwiet het, ook ’n waarskuwing aan Turkye gerig.

“As Turkye nie onmiddellik dié man van God huis toe stuur nie, sal die VSA sanksies teen Turkye instel totdat past. Andrew Brunson vrygelaat is. Hy is uit die tronk vrygelaat, maar steeds nie vry nie,” het Pence in ’n toespraak aan lede van die ministerie vir die bevordering van geloofsvryheid gesê.

“En aan pres. (Tayyip) Erdogan en die regering van Turkye het ek ’n boodskap van die president van die VSA:

Laat past. Brunson vry, of dra die gevolge.”

Meer oor:  Andrew Brunson  |  Turkye  |  Pastoor  |  Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.