Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump eers in 2023 op Facebook toegelaat

Oudpres. Donald Trump van Amerika sal nou tot Januarie 2023 moet wag voordat hy weer van die sosialemediaplatform Facebook gebruik kan maak.

Trump se Facebook-rekening is reeds in Januarie vanjaar opgeskort nadat daar ’n dodelike aanslag op 6 Januarie op die Amerikaanse kongresgebou was.

Dié platform sê Trump het die geweld teen die kongresgebou op 6 Januarie aangehits.

Facebook het Vrydag gesê Trump se skorsing sal tot 2023 duur, terwyl die maatskappy sê hy wêreldleiers se plasings van nou af sal monitor.

Facebook sê Trump se skorsing sal vir twee jaar ná die aanvanklike skorsing in 2021 duur. Die skorsing sal eers gelig word wanneer die gevaar teen die publiek verby is.

Trump het dié besluit as sensorskap gekritiseer en sê dit is ’n klap in die gesig van kiesers.

Die skorsing beteken ook dat Trump nie Facebook as ’n platform voor die kongresverkiesing van November 2022 sal kan gebruik nie.

Dit beteken wel dat Trump voor die volgende presidensiële verkiesing in 2024 weer op die platform toegelaat sal word.

Twitter het Trump egter permanent van sy platform geskors, terwyl YouTube se skorsing teen Trump ook steeds geldig is.

Pres. Donald Trump van Amerika sal eers weer in 2023 op Facebook toegelaat word. Foto: Reuters

Trump het intussen hierdie week sy blog wat hy onlangs op die been gebring het, afgeskaf en gesê hy sal moontlik sy eie platform begin.

Facebook sê Trump het hul reëls verbreek en daarom het hulle hom die hoogste moontlike straf gegee.

Die platform sê hy sal saam met kenners werk sodat hulle kan besluit wanneer hulle Trump weer op die platform kan toelaat.

Indien Trump verder hul reëls verbreek, sal hulle hom permanent van die platform skors.

Sosialemediaplatforms sukkel die laaste paar jaar om te besluit hoe om wêreldleiers op hul platforms te hanteer.

Facebook sal van nou af na wêreldleiers se plasings kyk om vas te stel of hulle mense moontlik in gevaar stel. – Reuters

Meer oor:  Youtube  |  Twitter  |  Facebook  |  Donald Trump  |  Verkiesing  |  Vsa-Verkiesing  |  Amerikaanse Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.