Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump eis dat Turkye wapens neerlê

“Die Turkse regering plaas onskuldige burgerlikes in gevaar en destabiliseer die streek deur onder meer die veldtog teen Isis (Islamitiese Staat) te ondermyn.”

Dit is die redes waarom Amerika Maandag sanksies teen Turkye ingestel het, nadat hy Sirië verlede week binnegeval het.

Mike Pence, visepresident van Amerika, sê pres. Donald Trump het pres. Tayyip Erdogan van Turkye gebel en op ’n skietstilstand aangedring.

Pence sê Trump was baie ferm tydens sy gesprek met Erdogan waarin hy ook onderneem het om die gebied te besoek.

“Amerika gaan die militêre optrede deur Turkye nie langer duld nie. Ons het ’n beroep op Turkye gedoen om hul wapens neer te lê, die geweld te staak en na die onderhandelingstafel te kom,” het Pence aan joernaliste gesê.

Die sanksies behels dat invoertariewe op Turkse staal met 50% verhoog word, nadat dit ses maande gelede verminder is.

Trump het ook onderneem om ’n handelsooreenkoms van $100 miljard wat hy met Turkye sou sluit, te kanselleer.

Trump het voordat Turkye Sirië binnegeval het, gedreig om die Turkse ekonomie “totaal en al” te vernietig indien die militêre offensief voortgaan.

Turkye het verlede week die Koerde, wat hy as terroriste beskou en wat in die noorde van Sirië woon, begin aanval.

Trump het voordat Turkye met hul offensief teen Sirië begin het, Amerikaanse soldate uit die gebied onttrek – ’n skuif waaroor hy onder skoot gekom het van beide die Demokrate en die Republikeine wat meen Trump het die Koerde vir die wolwe gegooi.

Amerika en die Koerde is reeds vir dekades lank bondgenote.

Nadat Amerika Sondag aangekondig het hy onttrek al sy oorblywende soldate uit Sirië het die Koerde die hulp van die Siriese weermag aanvaar. – Reuters

Meer oor:  Trump  |  Turkye  |  Sirie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.