Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump: 'Ek het Navo nie gedreig'
Pres. Donald Trump

Pres. Donald Trump het Donderdag ontken dat hy gedreig het om Amerika aan die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) te onttrek.

Hy sou dit glo gedoen het op die tweede dag van ’n beraad waar hy Navo-bondgenote gepak het oor hulle glo te min aan verdediging spandeer.

Trump het intussen in ’n verklaring ook aangedui dat die ander Navo-lede hulself daartoe verbind het om hul besteding aan verdediging met selfs meer as 2% van hul bruto binnelandse produk (BBP) te laat toeneem, berig Reuters.

Dit volg op die jongste aanval deur Trump op sy bondgenote in ’n sessie agter geslote deure, waar hy oor hul besteding en handelspraktyke uitgevaar het.

Navo-leiers het toe gevra dat die Oekraïne en Georgië die kamer verlaat sodat slegs bondgenote van Navo aan dié ongeskeduleerde vergadering kan deelneem.

Meer oor:  Donald Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.