Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump en Biden haal nou alles uit in pylvak

Pres. Donald Trump van Amerika en sy Demokraat-teenstander, Joe Biden, sal vroeë kiesers vandeesweek wil trek terwyl hulle hul veldtogte verskerp voor hul laaste debat vandeesweek.

Kommer oor skares by die verkiesingslokale te midde van die koronavirus-pandemie het baie meer mense vroeër laat stem voor die amptelike stemdag op 3 November.

Trump is Sondag na Nevada, ’n slagveld-staat, waar meer as 100 000 kiesers reeds gestem het.

Die Republikeinse president wil tot Donderdag se debat in Florida elke dag ’n veldtog hou, insluitend in Arizona en Noord-Carolina, het die veldtogwoordvoerder, Tim Murtaugh, gesê.

Biden het Sondag na Noord-Carolina vertrek waar 1,2 miljoen kiesers volgens staatsdata reeds gestem het. Sy keuse vir visepresident, Kamala Harris, sal Maandag Florida besoek vir dié staat se eerste dag waarop kiesers in persoon sal stem.

Tot dusver het 26 miljoen mense in die verkiesing gestem, wat volgens die VSA se verkiesingsprojek, wat deur die Universiteit van Florida hanteer word, alle rekords oortref.

Pres. Donald Trump van Amerika die naweek op ’n verkiesingsveldtog by die Muskegeon-distrikslughawe in Muskegeon, Michigan. Foto: Reuters
Tot dusver het 26 miljoen mense in die verkiesing gestem, wat volgens die VSA se verkiesingsprojek, wat deur die Universiteit van Florida hanteer word, alle rekords oortref.

Terwyl Trump in meningspeilings op ’n nasionale vlak en in baie slagveld-state agterloop, het Biden se veldtogbestuurder, Jen O’Malley Dillon, oor die naweek gesê dat die nasionale getalle misleidend is omdat moet-wen-state baie naby aan mekaar lê.

“Ons kan nie gerus raak nie omdat die brandende waarheid is dat Donald Trump steeds die wedloop kan wen en elke aanduiding wat ons het, toon dat dié ding sal voortduur totdat die laaste stem getel is.”

Die Amerikaanse presidensiële verkiesing word deur verkiesingstemme bepaal wat aan Amerikaanse state en gebiede toegewys word hoofsaaklik op grond van hul bevolkings, eerder as ’n telling van die populêre stem landwyd. Dit bring mee dat skerp gefokus word op veldtogte in state waar die stem enige kant toe kan gaan.

Trump het Saterdag veldtogte in Michigan en Wisconsin gehou, die twee slagveld-state wat hy in die 2016-verkiesing naelskraap gewen het.

Meningspeilings het gewys daar is groot kommer onder kiesers oor die koronavirus-pandemie, wat meer as 218 000 mense in Amerika geëis het en die ekonomie geknou het. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.