Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump en Kim vergader dalk weer gou

Pres. Donald Trump van Amerika het Woensdag gesê hy het ’n “fantastiese” brief van Kim Jong-Oen van Noord-Korea ontvang en hy sal vermoedelik in die “nabye toekoms” weer met hom vergader as deel van die proses om Noord-Korea daarvan te oortuig om van sy kernwapens ontslae te raak.

Trump het die sukkelende onderhandelinge met Kim teenoor joernaliste by die Withuis verdedig en sê as dit nie vir sy administrasie was nie, “het julle ’n lekker vet oorlog met Asië gehad”.

Hy sê verder daar is geen haas nie.

“Daar is niks wat my jaag nie. Ek hoef nie te jaag nie. Al wat ek weet is daar is geen vuurpyle nie en geen toetse nie,” met verwysing na Noord-Korea se kern- en missieltoetse wat sedert die tweede helfte van 2017 op die ys gesit is.

Pres. Donald TrumpFoto: AP

Trump sê hy het na Kim se Nuwejaarsboodskap op televisie gekyk.

“Volgens Kim se toespraak wil hy baie graag bymekaarkom, hy wil van die kernwapens afstand doen en ’n spul goeie dinge is besig om te gebeur,” sê Trump.

“Hulle wil regtig iets doen. Beteken dit iets gaan gedoen word? Wie weet . . . maar laat ek vir julle sê: Ons het ’n baie goeie verhouding met Noord-Korea bewerkstellig.

“Ons sal nou waarskynlik nog ’n vergadering hê. Hy (Kim) wil vergader en ek wil vergader.

“Ons sal dit reël – ons sal dit in die nabye toekoms reël,” sê Trump.

Kim het belowe om te begin om van die land se kernwapenprogram ontslae te raak toe hy en Trump mekaar in Junie in Singapoer ontmoet het, maar sedertdien het daar nog nie veel van gekom nie.

Kim het Dinsdag in sy Nuwejaarsboodskap gesê hy is gereed om weer met Trump te vergader, maar hy het gewaarsku dat hy ’n “nuwe rigting” kan inslaan as Amerikaanse sanksies en druk voortduur.

Meer oor:  Kim Jong-­Oen  |  Donald Trump  |  Samesprekings  |  Kernwapens  |  Noord-Korea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.