Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump gee Biden toegang tot staatskas

Nadat pres. Donald Trump vir weke vasgeskop het en nie toegelaat het dat Joe Biden, Amerika se aangewese president, toegang tot die staatskas verkry nie, het hy nou uiteindelik vir Biden die groen lig gegee, al erken hy nie Biden het gewen nie.

Trump het Biden Maandag toegang tot inligtingsessies en finansiering gegee, terwyl hy terselfdertyd beloof het om voort te gaan om teen die verkiesingsuitslae te veg.

Hoewel Trump nie erken het dat Biden die verkiesing gewen het nie, is sy toegewing om Biden toegang te gee die naaste aan ’n moontlike erkenning van ’n nederlaag.

Trump het vir weke voor en ná die verkiesing op 3 November aangevoer dat daar bedrog rondom die verkiesing is, maar hy kon nie bewyse vir hierdie bewerings gee nie.

Hierdie toegewing kom moontlik nadat prominente Republikeine Trump gemaan het om sy pogings te beëindig om sy verkiesingsnederlaag te keer.

Altesaam 20 dae ná die verkiesingsdag het die meeste lede van Trump se party Maandag steeds geweier om na Biden as die aangewese president te verwys of om Trump se bewerings van bedrog te bevraagteken.

Trump het ingestem dat Biden toegang tot die federale fondse kry sodat Biden sy oorgangspligte voor sy inhuldiging op 20 Januarie kan begin uitvoer.

Pres. Donald Trump het vir Joe Biden, Amerika se aangewese president, toegang tot befondsing en hulpbronne gegee. Foto: Reuters

Biden het Maandag voor Trump se toegewing lede van sy kabinet begin aankondig, selfs al het hy nie toegang tot regeringsfinansiering gehad nie, terwyl die Demokrate Trump daarvan beskuldig het dat hy die Amerikaanse demokrasie ondermyn met sy weiering om die uitslae te aanvaar.

Die algemene administratiewe owerheid van Amerika (GSA), die federale agentskap wat die presidensiële oorgange onderteken, het Maandag aan Biden gesê hy kan formeel met die oorhandigingsproses begin.

Emily Murphy, die administrateur van die GSA wat in 2017 deur Trump aangestel is, het in ’n brief gesê Biden sal toegang tot hulpbronne kry wat eers aan hom geweier is.

Die GSA het die aankondiging gedoen kort nadat amptenare in die Amerikaanse deelstaat Michigan vir Biden as oorwinnaar aangewys het. Dié aanwysing maak Trump se regspoging meer onwaarskynlik.

Biden en sy span kan nou aan die werk spring. Foto: Reuters

Trump en sy raadgewers sê hulle sal voortgaan om wettige regsweë te beoefen.

Biden se oorgangspan het ’n verklaring uitgereik waarin hulle sê hulle sal met vergaderings met federale amptenare oor Washington se reaksie op die koronaviruspandemie begin. Hulle sal ook met besprekings oor nasionale veiligheidskwessies begin.

Die GSA se aankondiging dat Biden en sy administrasie met hul take kan begin, beteken dat Biden se span nou befondsing en ’n amptelike kantoor sal hê sodat hulle met die oorgang kan begin.

Trump en Biden se spanne kan so gou as Dinsdag vergader. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.