Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump glo in Florida tydens Biden se inhuldiging

Pres. Donald Trump van Amerika sal heel moontlik by sy oord in die Amerikaanse deelstaat Florida wees wanneer Joe Biden, Amerika se aangewese president, op 20 Januarie ingehuldig word.

Twee bronne met kennis oor Trump se planne het aan Reuters gesê Trump beplan om Washington die oggend van die inhuldiging te verlaat nadat hy reeds oorweeg het om Washington op 19 Januarie te verlaat.

Trump, wat reeds vantevore bekend gemaak het dat hy nie Biden se inhuldiging sal bywoon nie, beplan glo ’n seremonie by die Joint Base Andrews-lugmagbasis buite Washington. Dit is die hoofkwartier vir die Amerikaanse lugmagbasis.

Volgens een van die bronne mag 21 saluutskote moontlik afgevuur word vir Trump se afskeid. Dié planne is egter nie ’n uitgemaakte saak nie.

Pres. Donald Trump sal glo in Florida wees wanneer Joe Biden, Amerika se aangewese president, ingehuldig word. Foto: Reuters

Trump sal glo ná die saluutskote na sy Mar-a-Lago-woning in Florida vertrek en sal moontlik tydens Biden se inhuldiging reeds by sy woning wees.

Daar is glo net ’n handjievol Withuis-werkers wat beplan om vir Trump in Florida te werk.

Sekere van Trump se raadgewers het hom glo aangemoedig om Biden by die Withuis voor inhuldigingsdag te onthaal. Daar is egter nog nie ’n teken dat Trump bereid is om dit te doen nie, het ’n beampte gesê.

Trump, die enigste president in die Amerikaanse geskiedenis wat twee keer in ’n staat van beskuldiging geplaas is, beplan glo om meer mense vry te stel voordat hy die Withuis verlaat.

Chaos het binne en buite die Amerikaanse kongres uitgebreek toe Trump-ondersteuners die kongresgebou op 6 Januarie bestorm het. Foto: Reuters

Hy is vroeër hierdie week in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers in ’n staat van beskuldiging geplaas omdat hy sy ondersteuners aangemoedig het om die bevestiging van Biden se presidentskap in die wiele te ry.

Chaos het by die Amerikaanse kongres uitgebreek toe Trump se ondersteuners gewelddadig geraak het. Vyf mense is in die stormloop dood.

Trump oorweeg glo om homself ook vry te skeld, sê die bronne. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.