Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump het dalk geweet van komplot om troepe te vermoor

Die Withuis is onder druk om te verduidelik hoeveel die administrasie geweet het van bewerings dat Rusland die Taliban geld aangebied het om Amerikaanse soldate in Afganistan dood te maak.

Die BBC berig volgens sy amptenare is pres. Donald Trump nie “persoonlik” ingelig oor die beweerde komplot in Afganistan in 2019 nie. Ander media berig Trump is wel vroeër vanjaar skriftelik ingelig oor die kwessie.

Daar is kommer oor die moontlikheid dat Trump geweet het van dreigemente teen Amerikaanse magte, maar dat hy nie opgetree het nie.

Die Withuis is onder druk om te verduidelik hoeveel die administrasie geweet het van bewerings dat Rusland die Taliban geld aangebied het om Amerikaanse troepe in Afganistan dood te maak. Foto: Reuters

Volgens die New York Times het Amerikaanse intelligensie-operateurs en lede van die land se eenheid vir spesiale operasies in Afganistan hul bevelvoerders al in Januarie vanjaar oor die Russiese komplot gewaarsku. Hulle glo die dood van minstens een Amerikaanse soldaat kan daaraan toegeskryf word.

’n Intelligensieverslag is glo ingedien te midde van Amerika se pogings om ’n vredesooreenkoms te onderhandel om die oorlog van 19 jaar in Afganistan te beëindig. Dit was in dieselfde tyd dat Trump probeer het om sy verhouding met pres. Wladimir Poetin van Rusland te verbeter.

In 2019 is 20 Amerikaanse soldate in Afganistan dood, maar volgens die New York Times is daar nie sekerheid oor watter sterftes onder verdenking is nie.

Rusland het die aanvanklike bewerings ontken, terwyl die Taliban sê hy het nooit enige ooreenkoms met die Russiese intelligensie aangegaan nie.

Die jongste aantygings kom te midde van Trump se veldtog om in November weer as president verkies te word.

The Washington Post berig die Amerikaanse spioenasiediens, die CIA, het volgens bronne ’n paar maande lank die inligting oor die ooreenkoms tussen Rusland en die Taliban ontleed.

Gina Haspel, direkteur van die CIA, het in reaksie op die bewerings niks oor die inligting gesê nie, maar ook nie die bewerings heeltemal ontken dat Amerikaanse soldate in Rusland se visier was nie.

“By die ontwikkeling van intelligensie-evaluerings verg aanvanklike taktiese verslae dikwels bykomende versameling en bevestiging,” het Haspel gesê, en bygevoeg dat inligting wat militêre magte kan beskerm “oor die algemeen deur die nasionale veiligheidsgemeenskap – en met Amerikaanse bondgenote – gedeel word as deel van ons deurlopende pogings om die veiligheid van koalisiemagte oorsee te verseker.”

Sonder om Rusland of Afgaanse militante by die naam te noem, het Haspel gesê: “Vyandige state se gebruik van volmagte in oorlog-sones om Amerikaanse belange en troepe skade aan te rig, is ’n konstante, jarelange bedreiging.

“Die CIA sal voortgaan om elke leidraad op te volg en die inligting wat ons kry, krities en objektief te ontleed sodat betroubare intelligensie weergegee kan word om Amerikaanse soldate wat oor die wêreld heen ontplooi is, te beskerm.”


Meer oor:  Donald Trump  |  Afganistan  |  Amerikaanse Soldate  |  Komplot  |  Losprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.