Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump ignoreer CIA se besware oor skoonseun se klaring

Pres. Donald Trump van Amerika het sy destydse hoof van personeel, John Kelly, beveel om Jared Kushner, sy skoonseun en senior adviseur, topgeheime-sekerheidsklaring te gee, ondanks kommer daaroor in die Amerikaanse Intelligensiediens (CIA).

The New York Times berig Trump se besluit het senior amptenare so ontstel dat Kelly in ’n interne memorandum verduidelik het hoe hy opdrag gegee is om Kushner dié klaring te gee.

Pres. Donald Trump en sy skoonseun Jared Kushner.Foto: Reuters

Don McGahn, wat tot in Oktober die Withuis se prokureur was, het ook in ’n memorandum geskryf hy het aanbeveel dat Kushner nie topgeheime-klaring gegee word nie.

CNN berig ’n woordvoerder van Kushner se prokureur, Abbe Lowell, betwis die koerant se berig.

“In 2018 het die Withuis en amptenare wat klarings hanteer, bevestig dat Kushner se sekerheidsklaring die regte prosesse gevolg het sonder druk van enigiemand. Dit is destyds aan die media oorgedra, en nuwe stories verander nie wat destyds bevestig is nie.”

Sarah Sanders, woordvoerder van die Withuis, het gesê hulle lewer nie kommentaar oor sekerheidsklarings nie.

The Guardian die Kushner-kwessie is geruime tyd in omstredenheid gedompel.

Amptenare wat nie met die klaring gewerk het nie, sê Kushner en sy familie se eiendomsmaatskappy se bande met buitelandse beleggers en entiteite is ’n bron van kommer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.