Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump, Kim in Singapoer vir beraad

Pres. Donald Trump van Amerika en Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, is albei in Singapoer vir hul geskiedkundige spitsberaad wat Dinsdag gehou word.

Pres. Donald Trump het Sondag in Singapoer aangekom. Foto: Getty Images

Trump het Sondag in Singapoer aangekom nadat hy die G7-beraad in Kanada vroeg verlaat het.

Hy en Kim sal gesprek voer om Noord-Korea se kernwapenvermoë stelselmatig ongedaan te maak.

Hul beraad sal die eerste gesprek tussen ’n Amerikaanse president en ’n Noord-Koreaanse leier wees, hetsy van aangesig tot aangesig of telefonies.

Kim se aankoms in Singapoer was op sigself geskiedkundig. Hy het sedert 2011 selde sy land verlaat, hoewel hy in Maart na China gereis het en onlangs ook na Suid-Korea.

Noord-Korea het dekades lank kernwapens ontwikkel en verlede jaar telkens missiele afgevuur wat die Amerikaanse vasteland glo kon tref.

Trump het in reaksie daarop strenger sanksies teen Noord-Korea ingestel. Die twee leiers het mekaar ook oor en weer sleggesê. Daar was telkens sprake daarvan dat die toenemende spanning tussen Amerika en Noord-Korea tot militêre aksie kan oorgaan. – Reuters

Meer oor:  Donald  |  Trump  |  Kim Jong-Oen  |  Vsa  |  Singapoer  |  Noord-Korea
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.