Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump kry wind van voor oor hy skole dreig

Groepe in Amerika, wat dokters, onderwysers en hooggeplaaste skoolbeamptes insluit, het Vrydag hewige teenkanting gegee teen pres. Donald Trump se besluit om skole te heropen.

Dit kom te midde van die toename in die koronavirussyfers in die land.

Die groepe voer aan wetenskap moet die situasie lei.

“Openbare gesondheidsorgorganisasies moet aanbevelings maak gegrond op bewyse, nie politiek nie,” het die Amerikaanse akademie van pediaters (AAP), twee onderwysunies en ’n skoolopsigtersgroep gesê.

Pres. Donald Trump Foto: Reuters

Dit kom ná dae se dreigemente van Trump om federale finansiering van onderwys te sny indien skole nie vir die komende akademiese jaar heropen nie.

“Ons moet die besluit oorlaat aan die gesondheidskenners om vir ons te sê wanneer dit die beste tyd sal wees om skole weer te heropen. Ons sal ook vir hulle moet luister oor hoe dit gedoen moet word,” het die AAP, die Amerikaanse federasie van onderwysers, die nasionale onderwysvereniging en die opsigtersvakbond in ’n gesamentlike verklaring gesê.

Hulle word ondersteun deur twee mediese groepe, die Amerikaanse vereniging vir oordraagbare siektes en die mediese vereniging vir MIV.

Trump beskuldig demokrate daarvan dat hulle die pandemie uitbuit vir politieke gewin deur te weier om die skole te heropen.

In die AAP se verklaring vra hulle en die ander groepe die Kongres om meer geld te voorsien sodat skole voldoende beveilig kan word vir wanneer hulle heropen. Hulle sê die weerhouding van geld, soos waarmee Trump dreig, is ’n misplaaste benadering.

Demokrate sê hulle wil hê leerlinge moet eers teruggaan skool toe wanneer dit veilig is.

Trump se waarskynlike teenstander in die verkiesing, die voormalige adjunk-president Joe Biden, sê aanlyn onderrig is vir nog ’n tyd lank nodig.

Selfs van Trump se mede-Republikeine is gekant teen sy hardhandige benadering om skole te dwing om te heropen. – Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  Amerika  |  Covid-19  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.