Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump kyk eers kat uit boom oor presidentskap

Oudpres. Donald Trump van Amerika sal eers wag om te kyk wat in 2022 gebeur voordat hy besluit of hy weer aan ’n Amerikaanse presidentsverkiesing gaan deelneem.

Hy het Dinsdag in ’n onderhoud op Fox News gesê hy sal eers na die uitslae van die kongresverkiesing in November 2022 kyk voordat hy besluit of hy weer die Withuis gaan aandurf.

Hy het gesê hy is toegewyd om sy mede-Republikeine in die kongresverkiesing in 2022 te help om weer beheer oor die huis van verteenwoordigers en die senaat te kry.

“Ek dink ons het ’n baie, baie goeie kans om die huis terug te vat. Ons het ook ’n goeie kans om die senaat terug te vat,” het hy aan die onderhoudvoerder Maria Bartiromo gesê.

Oudpres. Donald Trump sal glo later besluit of hy hom weer as president verkiesbaar gaan stel. Foto: Reuters

Trump het gesê sy ondersteuners is oorgehaal om hom te steun as hy weer aan die presidentsverkiesing wil deelneem.

“Volgens elke liewe peiling wil hulle hê ek moet weer deelneem, maar ons sal maar wag en kyk.”

Nadat peilings getoon het dat baie van sy ondersteuners en Republikeine huiwerig is om teen Covid-19 ingeënt te word, het Trump hulle aangeraai om dit wel te doen.

“Dis ’n fantastiese entstof. Dis ’n veilige entstof. En dit werk,” het hy gesê.

Reuters berig dat Trump stilletjies in Januarie teen Covid-19 ingeënt is.

“Ek sal dit aanbeveel, en ek sal dit aanbeveel vir baie mense wat dit nie wil kry nie. En ’n klomp van daai mense het vir my gestem, om reguit te wees.”

Die Withuis het gesê hy verwelkom dit dat Trump mense aanraai om ingeënt te word.

Sedert Trump die Withuis in Januarie verlaat het en sy bewerings dat hy die verkiesing weens bedrog verloor het, het hy hoofsaaklik uit die kalklig gebly.

Hy was ook in ’n staat van beskuldiging geplaas omdat hy sy ondersteuners op 6 Januarie aangemoedig het om die kongresgebou te bestorm.

Die senaat het hom egter onskuldig bevind.Reuters


Meer oor:  Donald Trump  |  Presidentskap  |  Verkiesing  |  Republikeine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.