Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump loer na Groenland, Dene sê aikôna

Groenland is nie te koop nie en die idee dat Amerika dit wil koop is absurd, het Denemarke se premier Sondag gesê.

’n Ekonomiese raadgewer van pres. Donald Trump van Amerika het bevestig die land stel belang om die wêreld se grootste eiland te koop.

“Groenland is nie te koop nie. Groenland behoort ook nie aan Denemarke nie. Groenland behoort aan Groenland. Ek hoop van harte dat hierdie plan nie ernstig bedoel is nie,” het die Deense premier, Mette Frederiksen, gesê.

Trump het Sondag aan verslaggewers gesê hy het onlangs so ’n moontlikheid oorweeg, “maar dit is nie prioriteit nie”.

’n Blik op die dorpie Upernavik in Wes-Groenland.

“Die konsep het opgeduik en strategies is dit interessant, maar nie die nr.1-plan in die boek nie,” het Trump by navraag aan verslaggewers gesê.

Die planne is dat Trump Kopenhagen vroeg volgende maand besoek wanneer Antarktika op die program sal wees met samesprekinge met Frederiksen en Kim Kielsen, premier van Groenland, ’n selfregerende Deense gebied.

Hy wil nie voorspellings maak nie, het Trump se raadgewer, Larry Kudlow, gesê. “Die president is ’n eiendomsontwikkelaar en hy wil na Groenland kyk vir ’n transaksie.”

Volgens Kudlow ontwikkel die saak nog en hy wys daarop dat oudpres. Harry Truman van Amerika ook Groenland wou koop.

“Denemarke besit Groenland en Denemarke is ’n vennoot. Groenland is baie strategies daar bo en het ’n klomp strategiese minerale,” sê Kudlow.

Volgens ’n militêre verdrag tussen Denemarke en Amerika van 1951 het Amerika militêre regte oor die Thule-lugvaartbasis in Noord-Groenland.

Ane Lone Bagger, Groenland se minister van buitelandse sake, het aan Reuters gesê: “Ons is oop vir besigheid, maar nie te koop nie.” – Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  Amerika  |  Groenland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.