Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump-modesmaak loop deur

Meghan Markle, hertogin van Sussex, het toe nie pres. Donald Trump van Amerika en sy vrou, Melania, gedurende sy besoek aan Engeland ontmoet nie. Trump was die afgelope week op uitnodiging van koningin Elizabeth daar vir ’n staatsbesoek van drie dae. Trump het verlede week in ’n onderhoud met die poniekoerant The Sun na Markle verwys as “nasty”.

Voor die staatsbanket Maandagaand. Dis dié onderbaadjie van pres. Donald Trump wat so skerp onder kritiek deurgeloop het. Foto: AP

Trump het op Twitter skerp ontken dat hy enigiets leliks oor Markle kwytgeraak het en gesê: “Ek het Meghan Markle nooit ‘nasty’ genoem nie. Dit is opgemaak deur die fopnuusmedia.”

The Sun het egter die hele gesprek op band opgeneem en dit aan die publiek beskikbaar gestel. Daar kan gehoor word hoe vra die onderhoudvoerder vir Trump of hy jammer sal wees om Markle – ook ’n Amerikaner – nie te sien met sy besoek nie, omdat sy nie “so vriendelik” was tydens sy presidentsveldtog in 2016 nie.

Trump sê: “Nee, ek het nie geweet sy is nasty nie.” Hy voeg later by hy hoop Markle is oukei.

Markle het destyds, toe haar verhouding met prins Harry pas op die lappe gekom het, glo gesê sy sal Kanada toe trek as Trump president word. Hoewel Markle nog op kraamverlof is, is daar gerugte dat sy en Trump uitmekaar gehou is om konfrontasie te vermy, berig The Sun.

Trump het Woensdag by die D-dag-herdenkingsgeleentheid in Portsmouth reg langs die koningin gesit. Hy het aan Fox News gesê mense sê die koningin het die kuier geweldig geniet.

Skindertonge het egter aanhou teikens soek. Glamour.com berig dat Melania se Philip Treacy-hoed, wat sy by die D-dag-herdenking gedra het, darem baie lyk soos die tooisel wat Markle verlede jaar by die Trooping the Colour-vieringe aangehad het. Melania het ook ’n Givenchy-skepping aangehad – algemeen bekend as Meghan se gunstelingontwerper. Trump se wit onderbaadjie vir die staatsbanket in Buckingham-paleis is skerp gekritiseer. Mense het dit as “gemors” bestempel. Saamgestel deur Landi Slatter

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.