Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump moet $2 m. opdok

’n Regter in New York, Amerika, het Donderdag gelas dat pres. Donald Trump $2 miljoen moet opdok omdat hy die Donald J. Trump-stigting misbruik het.

Pres. Donald Trump van Amerika. Foto: Reuters

Regter Saliann Scarpulla het bevind dat Trump die stigting misbruik het om sy 2016-presidentsveldtog te bevorder.

Scarpulla het gelas dat Trump die geld aan agt organisasies sonder winsbejag moet betaal ná aanleiding van ’n hofsaak wat die prokureur-generaal teen Trump en drie van sy volwasse kinders aanhangig gemaak het oor die stigting wat in Desember 2018 ontbind het.

Trump het die stigting op Twitter beskerm en gesê dit is “uiters doeltreffend” wanneer dit by filantropie kom en dat hulle ’n “paar klein tegniese oortredings” begaan het.

Letitia James, minister van justisie, sê haar kantoor het ooreenkomste met die stigting en sy direkteure bereik sodat hulle die Junie 2018-hofsaak kan afhandel.

James sê Trump het erken hy het die geld misbruik en het ingestem dat die stigting ontbind word. Hy het ook ingestem om sekere beperkinge te aanvaar sou hy weer ’n liefdadigheidsorganisasie stig.

’n Woordvoerder van die stigting sê hy is bly die regter het die minister van justisie se versoek vir skadevergoeding aan die oorspronklike skenkers van die hand gewys ná Trump se inwilliging om ’n herhaling hiervan te voorkom.

Vroeër is berig Trump het sedert 2009 sowat $4,4 miljoen deur die stigting ingewin. Die laaste keer dat hy geld aan sy liefdadigheidsorganisasie geskenk het, was in 2008. Reuters


Meer oor:  Donald Trump  |  Amerika  |  New York
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.