Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump noem Fauci ‘ ’n ramp’

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het dr. Anthony Fauci, Amerika se voorste kenner van aansteeklike siektes, “ ’n ramp” genoem en probeer om veldtogwerkers gerus te stel dat hy, ondanks ’n meningspeiling, op pad na ’n oorwinning in die presidentsverkiesing is.

Trump en Fauci, ’n lid van sy koronavirus-taakspan, is geruime tyd al haaks oor die beste manier waarop die pandemie, wat tot die dood van meer as 219 000 mense in die Verenigde State gelei het, hanteer kan word. Die onmin het ook die Republikeinse president se kanse om weer verkies te word, verswak.

Fauci het Sondag openlik gekla oor die feit dat hy in ’n veldtogadvertensie vir Trump aangehaal word en het in ’n onderhoud met die nuusnetwerk CBS se “60 minutes” gesê dat hy nie verbaas is dat Trump self die virus opgedoen het nie.

“Fauci is ’n ramp. As ek na hom geluister het, sou ons 500 000 sterftes gehad het,” het Trump tydens ’n oproep met veldtogwerkers, gesê.

Trump het uit sy hotel in Las Vegas voor twee saamtrekke in Arizona gesê dat Amerikaners keelvol is oor al die beperkings wat die pandemie meebring.

“Mense sê: ‘Wat ook al. Laat ons net met rus.’ Hulle is moeg daarvoor. Mense is moeg daarvoor om na Fauci en al hierdie idiote te luister,” het Trump gesê.

Ondersteuners by Trump se byeenkomste hoef nie maskers te dra nie en kan nou ook skouer aan skouer staan in teenstelling met die advies deur Fauci en ander kundiges in die openbare gesondheidsektor.

“Fauci is ’n gawe ou. Hy is al 500 jaar hier,” het Trump bygevoeg.

Die 79-jarige Fauci is een van die mees gerespekteerde wetenskaplikes in die Verenigde State en het onder Republikeinse en Demokratiese presidente gedien. Hy is sedert 1984 direkteur van die National Institute of Allergy and Infectious Diseases.

Volgens Trump het hy nog nie Fauci in die pad gesteek nie weens die negatiewe teenreaksie wat hy daarop sou kry.

Met byna twee weke oor tot die verkiesing op 3 November het oud-visepres. Joe Biden van die Demokratiese Party ’n voorsprong in nasionale meningspeilings.

Trump het ook gesê hy voel dat hy nou in ’n beter posisie is as vier jaar gelede toe hy ’n onwaarskynlike oorwinning oor die Demokraat Hillary Clinton behaal het.

“Dit is die beste wat ek nog ooit gevoel het,” het hy gesê.

Jen O’Malley Dillon, Biden se veldtogbestuurder, het die naweek gesê dat die nasionale peilingsyfers misleidend kan wees omdat die twee kandidate in deelstate waar ’n oorwinning behaal móét word, kop-aan-kop is. – Reuters


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.