Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump nooi Johnson na Withuis
Pres. Donald Trump Foto: Reuters

Pres. Donald Trump van die VSA het Boris Johnson, Britse premier, genooi om die Withuis volgende jaar te besoek.

Brittanje wil ’n nuwe handelsooreenkoms met die VSA sluit wanneer Brittanje die Europese Unie (EU) einde Januarie verlaat, berig Sunday Times in Londen.

“ ’n Paar moontlike datums in die middel van Januarie is al rondgegooi, maar daar is nog op niks amptelik ooreengekom nie.

“Maar dit is duidelik dat albei kante dit êrens vroeg in 2020 wil maak gebeur,” haal Sunday Times­ ’n bron na aan die Withuis aan.

Johnson wil Brexit en ’n kabinetskommeling in Februarie eers afhandel voordat hy na die VSA sal reis.

Hy sal na verwagting Michael Gove, voormalige minister van omgewingsake, as sy nuwe handelsooreenkoms-onderhandelaar aanwys, berig The Mail on Sunday.

Sommige in die binnekring in 10 Downing Street is wel bekommerd dat Johnson ingetrek kan word by die politieke drama om Trump en die staat van beskuldiging.

Dus sal hy Gove saam met hom na die VSA kan neem voor onderhandelinge met die EU oor ’n post-Brexit-handelsooreenkoms, lui die berig.

Sommige in die binnekring in 10 Downing Street is wel bekommerd dat Johnson ingetrek kan word by die politieke drama om Trump en die staat van beskuldiging, berig Sunday Times.

Johnson het Vrydag goedkeuring vir sy Brexit-ooreenkoms in die Britse parlement verkry, wat die eerste stap vorentoe is om sy verkiesingsbelofte gestand te doen om Brittanje teen 31 Januarie uit die EU te hê.

Terwyl Brittanje hom gereed maak om die EU-blok te verlaat, het Johnson en Trump verlede Maandag in ’n telefoonoproep ooreengekom om ’n “ambisieuse” vryehandelsooreenkoms tussen Brittanje en die VSA na te streef.

Ná Johnson se verkiesingsoorwinning op 12 Desember het Trump gesê dat Brittanje en die VSA nou vry is om ’n “massiewe” nuwe handelsooreenkoms ná Brexit aan te gaan.

Nie die Withuis of 10 Downing Street het dadelik gereageer op versoeke om kommentaar oor die uitnodiging aan Johnson nie. Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Donald Trump  |  Vsa  |  Brexit  |  Withuis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.