Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump nooi Xi om oor Hongkong te praat

Pres. Donald Trump van Amerika het aangebied om Xi Jinping, China se president, persoonlik te ontmoet om te praat oor die betogings in Hongkong wat al hoe erger word.

Trump wil die handelsverdrag waaraan die twee lande werk aan ’n welwillende beëindiging van die oproer in Hongkong verbind.

Trump het getwiet: “Ek het geen twyfel dat indien pres. Xi wil, hy die probleme in Hongkong vinnig en welwillend kan oplos nie. Hy kan dit doen. Persoonlike ontmoeting?”

Chinese soldate eet in die Shenzhen Bay-sportsentrum. Foto: Reuters

Amerika se ministerie van buitelandse sake sê hy is diep bekommerd oor verslae dat Chinese polisiemagte naby die grens van Hongkong saamtrek en het die stad se regering gevra om vryheid van spraak te respekteer.

’n Reiswaarskuwing na Hongkong is ook uitgereik.

China het al dikwels gesê hy hou nie van buitelandse inmenging in sy interne sake nie.

Ander buitelandse regerings het ook al gevra om kalmte. Frankryk het gevra dat Hongkongse amptenare weer met samesprekings met die betogers moet begin, terwyl Kanada gesê het China moet die betogers taktvol hanteer.

Chinese soldate marsjeer in die Shenzhen Bay-sportsentrum waar hulle saamgetrek is. Dit is net oorkant die grens van Hongkong. Foto: Reuters

Intussen het Chinese paramilitêre magte oefeninge in Shenzhen, net oorkant Hongkong se grens, uitgevoer. Meer as 100 donker geverfde paramilitêre voertuie staan by ’n sportstadion met honderde soldate in die stadion.

China het Woensdag herhaal dat die betogings in Hongkong “aan terrorisme grens”.

Altesame 748 mense is al sedert Junie in hegtenis geneem, het die polisie op ’n nuuskonferensie gesê. Polisiekantore is reeds 76 keer gedurende die krisis omsingel en aangeval.

Betogers het om verskoning gevra dat die vreedsame sitbetoging in die lughawe in die stad in geweld ontaard het. Sowat 1 000 vlugte is al gekanselleer, maar dinge het teen Donderdag weer normaal verloop.

Finansiële kenners waarsku dat indien die betogings nog lank aanhou, dit ’n ekonomiese krisis kan veroorsaak. – Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  Hongkong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.