Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump-ondersoek: Giuliani ‘soos ’n handgranaat’

Pogings om druk op Oekraïne uit te oefen om pres. Donald Trump se politieke teenstanders te ondersoek, het sy gewese veiligheidsraadgewer só ontstel dat hy opdrag gegee het dat die Withuis se regsverteenwoordigers daaroor ingelig word.

Giuliani

The New York Timesberig dat John Bolton gesê het Giuliani is ’n “handgranaat wat almal gaan opblaas” toe hy gehoor het hoe ver Rudy Giuliani, Trump se regsverteenwoordiger, gaan om bewyse van korrupsie teen Joe Biden en sy seun Hunter in Oekraïne te kry.

Bolton is in September afgedank.

Fiona Hill, die Trump-regering se topkenner oor Rusland wat saam met Bolton gewerk het, het Maandag agter geslote deure in die Amerikaanse kongres se ondersoek na die moontlikheid om Trump in ’n staat van beskuldiging te plaas oor sy reaksie getuig.

Bolton is tans die Demokrate se topkandidaat vir volgende jaar se presidentsverkiesing.

Giuliani het probeer om druk op Oekraïne toe te pas om Hunter, wat belange in ’n oliemaatskappy daar het, te ondersoek.

’n Bron wat met Hill se getuienis teenwoordig was, het aan NBC News gesê sy het ook getuig dat Giuliani se optrede ’n “teen-intelligensie-risiko” vir Amerika ingehou het.

Die huidige ondersoek spruit ’n fluitjieblaser se bewerings dat Trump in ’n telefoongesprek druk op sy Oekraïense eweknie, Wolodimir Zelenski, geplaas het om die Bidens te ondersoek.

Trump

Al het Giuliani reeds herhaaldelik in die media gebieg dat hy druk op die Oekraïense aanklaers uitgeoefen het om die Bidens te ondersoek, meen Trump dat Giuliani by ’n heksejag betrek word.

In sy jongste twiet Maandagaand kritiseer Trump weer die media en herhaal sy bewerings dat die Bidens nie net in Oekraïne nie maar ook in China omkoopgeld ontvang het.

Daar is in hierdie stadium egter geen bewyse teen enige van die Bidens nie.


Meer oor:  Joe Biden  |  Pres. Donald Trump  |  Rudy Giuliani  |  Amerika  |  Oekraïne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.