Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump oortree grondwet deur Twitter-gebruikers te blok

Pres. Donald Trump van Amerika het die land se Grondwet oortree deur mense van wie se idees hy nie hou nie, op sy Twitterrekening te blok, het ’n landwye hof van appèl Dinsdag bevind.

Regter Barrington Parker het gesê die Eerste Wysiging verbied Trump om Twitter se “blokfunksie” te gebruik om toegang tot sy rekening te beperk. Trump het 61,8 miljoen volgelinge.

“Die Eerste Wysiging laat nie ’n openbare amptenaar, wat ’n sosialemedia-rekening om amptelike redes gebruik, toe om mense uit te sluit van ’n andersins oop aanlyn gesprek omdat hulle menings het waarmee die amptenaar nie saamstem nie,” het Parker in sy uitspraak geskryf en verskeie besluite van die Hoogste Hof aangehaal.

Pres. Donald Trump van Amerika. Foto: Argief

Die Withuis wou nie kommentaar lewer nie, ook nie die Withuis se sosialemedia-direkteur, Dan Scavino, wat ook ’n verweerder in die saak was nie.

Kelly Laco, woordvoerder van die departement van justisie wat die argument tydens die appèl aangevoer het, het gesê hulle is teleurgesteld en ondersoek verdere stappe.

Trump het sy rekening @Real DonaldTrump ’n sentrale en kontroversiële deel van sy presidensie gemaak. Hy het dit gebruik deur sy agenda te adverteer en sy kritici aan te val.

Die saak is gemaak deur die Knight First Amendment Institute van die Colombia-Universiteit, en sewe Twitter-gebruikers wat deur Trump geblok is.

“Die besluit sal help om die integriteit en lewenskragtigheid van die digitale ruimte te verseker wat al hoe belangriker word in ons demokrasie,” het Jameel Jaffer, Knight se uitvoerende bestuurder, gesê.

Volgens Trump se span gebruik Trump Twitter om sy menings te opper, nie om aan die publiek ’n forum te bied vir besprekings nie.

Parker het gesê Trump se rekening het al die uiterlike tekens dat dit ’n amptelike rekening is en een van die Withuis se hoofmetodes om amptelike sake te hanteer.

Hy het gesê Trump se assistente het die president se twiets amptelike verklarings genoem en selfs die Nasionale Argiewe beskou dit as amptelike rekords.

Parker het gesê dit is ironies dat Trump vryheid van spraak begin sensor in ’n tyd waarin die Amerikaanse regering en sy amptenare die onderwerp van intense, geesdriftige en openlike debat is. – Reuters

Meer oor:  Twitter  |  Donald Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.