Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump: ‘Puerto Rico korrupste plek op aarde’
Pres. Donald Trump

Pres. Donald Trump van Amerika het Woensdag Puerto Rico “een van die korrupste plekke op aarde” genoem, terwyl die Amerikaanse gebied voorberei vir die naderende tropiese storm Dorian.

Puerto Rico sukkel steeds om te herstel nadat hy onder opeenvolgende orkane gebuk gegaan en die dodetal na 3 000 gestyg het, slegs enkele maande nadat die land om bankrotskap aansoek gedoen het.

Nadat Trump laat Dinsdag ’n noodtoestand vir Puerto Rico aangekondig het, het hy Woensdagoggend in ’n twiet die Amerikaanse gebied beledig.

“Puerto Rico is een van die mees korrupte plekke op aarde. Hul politieke stelsel is gebroke en hul politici is óf onbevoeg óf korrup,” het Trump geskryf.

Trump het ’n lang geskiedenis van geskille met die leiers van Puerto Rico.

Hy is hewig gekritiseer vir sy swak reaksie op die 2017-orkane wat Puerto Rico geteister het.

Amptenare het gewaarsku dat die oostelike deel van die eiland moet gereed maak vir veral swaar reën.

“Ons is beter voorbereid as toe die orkaan Maria ons eiland getref het,” het Wanda Vazquez, goewerneur van Puerto Rico, Dinsdag gesê. – Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  Puerto Rico
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.