Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump sal muur kan bou as hy noodtoestand afkondig

Pres. Donald Trump van die VSA het Donderdag ’n besoek in Texas gaan aflê sodat hy na die grens tussen Amerika en Mexiko kan kyk.

Hy het weer begin skimp dat hy die mag het om ’n nasionale noodtoestand in Amerika af te kondig.

Indien hy dít doen, sal dit hom die mag gee om geld te gebruik om die grensmuur te bou.

Die Amerikaanse regering wat al langer as drie weke gesluit is omdat die Demokrate, wat nou die meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers het, weier om Trump se versoek vir $5,7 miljard vir ’n grensmuur goed te keur.

Pres. Donald Trump Foto: Getty Images

Trump het uit ’n vergadering met die Demokrate geloop en gesê dit is moeiliker om met hulle te onderhandel as met China.

“Ek vind dat China meer eerbaar as huilende Chuck en Nancy is,” het Trump ná sy vergadering met Chuck Schumer, leier van die Demokrate in die Huis van Verteenwoordigers, en Nancy Pelosi, die nuwe speaker, gesê.

Trump sê hy het die reg om ’n nasionale noodtoestand af te kondig, al is hy nog nie bereid om dít te doen nie.

Die Withuis is glo besig om dokumente voor te berei sodat hulle die noodtoestand kan afkondig. – Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  Vsa  |  Sluiting  |  Muur  |  Noodtoestand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.