Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump, Sanders grinnik reeds ná vroeë veldtogte

Pres. Donald Trump het reeds $30 miljoen vir sy verkiesingsveldtog vir volgende jaar ingesamel in die eerste drie maande van vanjaar, het van sy veldtogpersoneel bekend gemaak.

Bernie Sanders, senator van Vermont en die man wat in die laaste verkiesings in 2016 net-net die Demokratiese kandidaatskap teen Hillary Clinton verloor het, het in 41 dae reeds $18,2 miljoen ingesamel. Dit het die waarde van sy oorlogskatkis op $28 miljoen te staan gebring.

Die presidentskandidaat met die derde grootste insamelingsukses in hierdie stadium is Kamala Harris, senator van Kalifornië, met $12 miljoen, berig The New York Times.

 Bernie Sanders
Bernie Sanders, presidensiële kandidaat in die 2020-Amerikaanse verkiesing, praat by 'n byeenkoms in Los Angeles. Foto: Reuters

Trump het nog $10 miljoen in die sakkie gehad en staan dus met meer as $40 miljoen gereed vir die verkiesing in 2020 – volgens hom wil hulle $1 miljard vir sy verkiesingsveldtog insamel. Hy het reeds met ’n aggressiewe werwingsveldtog begin en ’n hoofkantoor in Noord-Virginia ingerig.

Tim Murtaugh, Trump se direkteur van kommunikasies, sê 99% van die donasies wat hulle tot dusver gekry het, is $200 of minder Die gemiddeld wat hul kry is $34.

Sanders se veldtog het gemiddelde donasies van $20 ontvang, berig CNBC.

Trump het meer geld as al die Demokratiese kandidate saam.

donald trump
Pres. Donald Trump van Amerika sit tussen sy ondersteuners by 'n fondsinsamelingsgeleentheid in San Antonio, Texas op 10 April vanjaar. Foto: Reuters

Hulle moet nog hul geld gebruik vir die binnegevegte om hul party se kandidaat te word voordat hulle die stryd teen Trump kan pak, berig CNN.

Daar is reeds sowat 20 Demokrate wat president wil word en in dié stadium net twee Republikeine.

Trump se “strategie is om soveel geld as moontlik in te samel en dan die nasionale gesprek oor te neem,” sê Nathan Gonzales, redakteur van die objektiewe politieke nuusbrief, Inside Elections.

Gonzales glo nie die presidensiële resies gaan deur geld bepaal word nie. Die president én die Demokratiese kandidate het baie geld, sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.