Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump sê beraad met Noord-Korea gaan voort

Die beraad tussen Amerika en Noord-Korea gaan voort, sê Donald Trump, president van die VSA.

Trump het die aankondiging in Washington gedoen nadat ’n afgevaardigde van Noord-Korea ’n brief van hul leier, Kim Jong-oen, aan hom oorhandig het, berig ABC.

“Ons sal op 12 Junie in Singapoer vergader,” het Trump ná die brief se aflewering aan verslaggewers gesê. “Die verhoudings groei en dit is iets baie positiefs.”

Die BBC berig dat Noord-Korea volgens Trump ’n einde aan kernkragwapens wil hê, hoewel Noord-Korea dit nie bevestig het nie.

Trump het gesê die brief is baie interessant en dat dit in ’n latere stadium toepaslik sal wees om die inhoud bekend te maak. Hy het egter later gesê hy het dit nog nie gelees nie.

’n Brief wat Trump aan Kim geskryf het, is vroeër die week op sosiale media gedeel.

Die brief wat Trump van die Noord-Koreaanse leier ontvang het, was volgens Wall Street Journal redelik basies. Kim beskryf daarin sy belangstelling in die beraad sonder om enige noemenswaardige toegewings of dreigemente te maak.

Gen. Kim Jong-tjol, wat die brief afgelewer het, sal na verwagting tot Saterdag in die VSA aanbly. Hy is voorheen onder sanksie geplaas vir sy rol in kuberaanvalle op Amerikaanse maatskappye, berig die koerant.

Meer oor:  Donald Trump  |  Kim Jong-Oen  |  Vsa  |  Noord-Korea  |  Beraad  |  Voort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.