Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump sê ja vir aanvalle met hommeltuie in Afrika

Hommeltuigaanvalle op vegters van Al-Kaïda en Isis sal eersdaags deur die Amerikaanse intelligensiediens (CIA) van nuwe basisse in die Sahara uitgevoer word.

The New York Times berig dat sulke aanvalle deur pres. Donald Trump goedgekeur is.

Hommeltuigaanvalle op vegters van Al-Kaïda en Isis sal eersdaags deur die CIA van nuwe basisse in die Sahara uitgevoer word. Foto: Reuters

Oudpres. Barack Obama wou die weermag in sy ampstermyn in beheer van hommeltuigaanvalle plaas vir meer deursigtigheid ná die dood van burgerlikes wat in die spervuur beland het.

Onder Trump sal die CIA sy hommeltuigoperasies na die noordoostelike dele van Niger verskuif om sodoende jag te maak op Islamistiese militante in die suide van Libië.

Volgens Reuters het die VSA sy teenwoordigheid in Niger die laaste paar jaar aansienlik versterk as teenvoeter teen die opkoms van militantheid in die Sahel-streek van Wes-Afrika.

Die gebruik van die hommeltuie genaamd MQ-9 Reapers sal volgens foreignpolicy.com toeneem namate Amerikaanse magte aan die streek onttrek word. Dié hommeltuie trek glo minder aandag, laat ’n kleiner voetspoor op die vasteland en dit is makliker om hulle te ontplooi en te beheer.

Meer oor:  Pres. Donald Trump  |  Afrika  |  Hommeltuie  |  Wêreld  |  Aanvalle  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.