Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump se PA waai ná mond los is

Pres. Donald Trump van Amerika se persoonlike assistent, Madeleine Westerhout (28), wat sedert dag een aan sy sy is, het Donderdag haar bedanking ingedien nadat dit glo aan die lig gekom het dat sy persoonlike inligting oor hom gedeel het, berig die New York Times.

Westerhout, wat die sogenaamde “wag” voor Trump se kantoor is, het glo inligting oor Trump, sy familie en kantoorsake met joernaliste tydens ’n werkende vakansie gedeel. Sy het dié inligting tydens ’n “van die rekord af”-ete saam met joernaliste gedeel.

Pres. Donald Trump van Amerika en Madeleine Westerhout Foto: Getty Images

CNN berig dat Westerhout nie vir die joernaliste gesê het dat wat sy met hulle deel van die rekord af is nie, het twee bronne met inligting oor die saak gesê. Een van die joernaliste het glo Westerhout se inligting met personeellede in die Withuis gedeel.

’n Voormalige amptenaar in die Withuis het aan CNN gesê Trump en Westerhout het ’n hegte band, maar hy beskou die bespreking van sy familie as ’n lyn wat oorskry word.

The Hill berig Trump wil met ’n ysterhand optree wanneer mense sonder toestemming inligting vanuit die Withuis deel.

Westerhout sal glo nie weer Vrydag teruggaan werk toe nie.

Meer oor:  Donald Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.