Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump se suster tree af, einde van ondersoek

Pres. Donald Trump van Amerika se ouer suster, Maryanne Trump Barry, het as federale appèlregter afgetree en daarmee ’n ondersoek beëindig of sy die regterlike gedragskode oortree het deur deel te neem aan bedrieglike belastingskemas saam met haar broers en susters.

donald trump
Pres. Donald Trump. Foto: Reuters

Dit kom nadat klagtes in Oktober 2018 ingedien is ná ’n ondersoek deur The New York Times wat verdagte belastingskemas van die Trumps in die 1990’s aan die lig gebring het. Sommige gevalle was glo openlike bedrog wat die bedrae wat die Trump-kinders geërf het aansienlik meer gemaak het.

Barry het nie net geldelik gebaat uit die belastingskemas nie, het The Times bevind, maar sy was ook in ’n posisie om die aksies van haar familie te beïnvloed, berig The New York Times.

Deur te bedank, het Barry (82) effektief die ondersoek tot ’n einde laat kom, berig CNN.

Sy het verskeie klagtes in die gesig gestaar maar ná haar bedanking is sy nou geregtig op ’n salaris van sowat $200 000 per jaar.

“Weens haar aftrede is sy nie meer deel van Amerika se rondgaande hof nie en verrig sy nie meer enige take vir die hof nie. Daarom val sy nie meer onder die groep mense wat ondersoek kan word nie.”

Charles Harder, Trump se prokureur, sê die oorspronklike Times-storie was vals.

Meer oor:  Pres. Donald Trump  |  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.