Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump sit sy voet dwars oor buitelandse swanger vroue

Pres. Donald Trump se administrasie publiseer Vrydag nuwe regulasies oor visums om “geboorte toerisme” in Amerika hok te slaan.

Die nuwe regulasies wat dadelik in werking tree sal geld vir swanger vroue wat na Amerika reis met die doel dat hulle kinders in die land gebore word en Amerikaanse burgerskap kry.

Swanger vroue wat om ’n visum aansoek doen gaan moet bewys hulle reis vir ’n spesifieke rede en nie om geboorte te gee nie.

Met die 2020-verkiesing wat om die draai is, het Trump gesê dat hy op wettige en onwettige immigrasie sal fokus.

Hy het ook tydens sy presidentskap wetgewing dat enigiemand wat in Amerika gebore is, ’n Amerikaanse burger is, gekritiseer.

Hy kan egter nie die wetgewing verander nie omdat dit deel van die Amerikaanse grondwet is.

Daar is nie ’n wet in Amerika wat verhoed dat swanger vroue daarheen reis nie solank hulle vir enige mediese prosedures kan betaal en as hulle weens mediese redes na Amerika reis.

’n Amptenaar van die Amerikaanse departement van buitelandse sake sê die nuwe regulasies is weens nasionale veiligheid. Dit sluit ook in “misdadige aktiwiteite wat te doen het met die bedryf vir geboorte-verwante reise”.

Die regulasie vereis ook dat amptenare by ambassades waar mense om visums aansoek doen moet oplet of vroue swanger is. Daar word egter nie verduidelik hoe die amptenare dit moet vasstel nie.

Die amptenaar het verduidelik ambassades sal die nodige doen slegs wanneer daar ’n vermoede is dat die vrou wat om ’n visum aansoek doen spesifiek na Amerika vir die geboorte reis.

Kritici van die regulasies is bekommerd oor diskriminasie en dat personeel van ambassades as “voortplantingspolisie” gebruik word.

“Vroue gaan hul swangerskap moet wegsteek as hulle in Amerika wil gaan vakansie hou,” sê Kerri Talbot, direkteur van die Immigration Hub, ’n nieregeringsorganisasie in Washington. – Reuters


Meer oor:  Visums  |  Amerikaanse Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.