Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump twiet oor ‘skelm Hillary’ voor hy Poetin sien

Pres. Donald Trump van Amerika en sy Russiese eweknie, pres. Wladimir Poetin, het Maandagmiddag hul samesprekings by die presidensiële paleis in Helsinki, Finland, in “’n buitengewoon ongemaklike tydperk” afgeskop.

Pres. Donald Trump en pres. Wladimir Poetin by hul ontmoeting Maandag. Foto: Reuters

Dié vergadering volg luidens die New York Times enkele dae nadat die Amerikaanse departement van justisie Vrydag 12 Russiese intelligensie-amptenare amptelik aangekla het dat hulle die Demokratiese Party, sowel as Hillary Clinton, se e-posse gekaap het.

Dié koerant het ook berig hoe Trump kort voordat die amptelike gesprekke agter geslote deure sou begin, vinnig aan joernaliste gesê het hy en Poetin sal praat oor “alles van handel tot kernkrag, asook betrekkinge met China”.

Trump het niks gesê nie oor Rusland se beweerde inmenging in die Amerikaanse verkiesings van 2016, wat hom aan bewind gebring het.

Luidens CNN het Trump ook gesê hy sal Poetin gelukwens met ’n “werklik goeie” wêreldbekersokkertoernooi wat Sondag geëindig het.

Oor Amerika se verhouding met Rusland, het Trump luidens CNN ook gesê: “Ek dink ons het groot geleenthede saam as twee lande wat eerlikwaar vir die laaste paar jaar nie goed oor die weg gekom het nie. Ek is nie te lank hier nie, maar ek dink ons met ’n buitengewone verhouding sal opeindig”.

“Ek dink werklik die wêreld wil sien dat ons oor die weg kom. Ons is twee groot kernwapenmoondhede. Ons besit saam 90% van alle kernwapens en dit is nie ’n goeie ding nie, dit is ’n slegte ding.”

Intussen het die Britse Daily Mail berig Trump het voor die ontmoeting ook die toon vir die vergadering gestel deur te twiet oor die “skelm Hillary” en die “gemanipuleerde heksejag”. Hy het ook beweer Washington is verantwoordelik vir die ysige verhouding tussen dié twee lande.



Meer oor:  Trump  |  Poetin  |  Helsinki  |  Samesprekings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.