Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump vaar uit teen May se Brexit

Pres. Donald Trump van Amerika sê Brittanje sal “waarskynlik nie” ’n handelsooreenkoms met die VSA losslaan as Theresa May, die premier, se Brexit-ooreenkoms met die Europese Unie voortgaan nie.

Kritici beskou die plan as “te sag” en Trump stem glo saam.

Trump het in ’n onderhoud met The Sun gesê, en dit is wyd in die buitelandse media berig, dat May nie sy advies gevolg het nie, en dat haar Brexitplan die handelsooreenkoms tussen die twee lande in die wiele gery het, want dit beteken Amerika handel uiteraard met die hele Europese Unie.

Die rooi tapyt is Donderdagaand uitgerol vir die president en sy vrou, Melania, by die Blenheim Palace in Oxfordshire. Foto: Reuters

May het voorbrand gemaak vir ’n vryhandelsooreenkoms tydens Trump se eerste besoek aan Brittanje as president van die VSA.

May meen Brexit is ’n “geleentheid” in albei lande te skep.

Trump het ook gesê Boris Johnson, die voormalige minister van buitelandse sake, wat Maandag juis oor die Brexit-ooreenkoms uit May se kabinet bedank het, sal ’n “baie goeie premier” wees. “Ek dink hy het wat dit verg.”

Hy het in die onderhoud ook uitgevaar teen Sadiq Khan, burgemeester van Londen, oor verlede jaar se terreuraanvalle in die stad, en Khan se reaksie in tipiese Trump-styl as ’n “terrible job” beskryf.

Die rooi tapyt is Donderdagaand uitgerol vir die president en sy vrou, Melania, by die Blenheim Palace in Oxfordshire.

Dit was ’n formele ete saam met May, en die nuus oor Trump se Brexit-uitlatings het juis toe bekend geword. The Sun sê die onderhoud met Trump is reeds in Brussel gedoen, waar leiers van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie die week vergader het.

Die Withuis het op die berig gereageer en gesê die president “hou van en respekteer May baie” en dat hy “nooit iets sleg van haar gesê het nie”, berig BBC.

Meer oor:  The Sun  |  May  |  Brexit  |  Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.