Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump ‘voel goed’ en sit sy veldtog voort

Pres. Donald Trump van Amerika is weer volstoom aan die gang met sy verkiesingsveldtog.

Sy persoonlike geneesheer, dr. Sean Conley, het Saterdag gesê daar is nie meer ’n risiko dat hy iemand anders kan aansteek nie en daar is geen bewyse dat die virus “aktief toeneem” in sy gestel nie.

Minstens 11 van Trump se personeellede is ook positief vir die virus getoets.

Trump het Saterdag sy verskyning op die Withuis se balkon gemaak en honderde ondersteuners op die grasperk vlugtig toegespreek nadat hy sy masker afgehaal het.

Hy het die skare, wat grootliks uit swart en Latyns-Amerikaanse kiesers bestaan het, gevra om seker te maak hulle stem op 3 November.

Trump, wat volgens nasionale peilings in dié stadium minder steun het as Joe Biden, die Demokratiese kandidaat, beplan om vandag na Florida te reis en in die twee dae daarna na Pennsilvanië en Iowa.

“Ek voel goed,” het hy gesê.

donald trump
Pres. Donald Trump praat Saterdag met sy ondersteuners by die Withuis in Washington, Amerika. Foto: AP

Sy stem was nie meer hees soos wat dit was in onderhoude die afgelope twee weke nie.

Hy het die Demokrate aangeval omdat hulle ’n “kommunistiese” en “sosialistiese” agenda bevorder en het homself op die skouer geklop omdat hy misdaad beveg en die Amerikaanse ekonomie versterk het.

“Ons is lief vir jou,” het die skare gedreunsing.

Biden was die naweek reeds in Pennsilvanië.

Sen. Joe Biden praat die naweek met die media voordat hy in Erie, Pennsilvanië, weer in sy veldtog-vliegtuig klim. Foto: AP

Die deelstaat se kiesers het die Demokrate in 2016 grootliks die rug toegekeer.

Biden was onder meer in die stad Erie, waar hy aan vakbondlede gesê het hy sal namens werkersklas-Amerikaners veg en die skade herstel wat die Covid-19-virus aan die ekonomie aangerig het.

“Amerika verdien ’n president wat begryp waardeur mense gaan.

“Julle word deur ware uitdagings in die gesig gestaar en die laaste ding wat julle nou nodig het, is ’n president wat dit vererger,” het hy gesê. – Reuters, Philadelphia Enquirer

Meer oor:  Joe Biden  |  Donald Trump  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.