Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump voorsien nie oorlog met Iran

Pres. Donald Trump van Amerika het Dinsdag gesê hy wil nie oorlog teen Iran voer nie, en voorsien dit ook nie, berig Reuters.

Pres. Donald Trump op Nuwejaarsdag. Foto: AP

Dit kom nadat hy vroeër gedreig het om wraak te neem nadat gewelddadige optogte Dinsdag by die Amerikaanse ambassade in Bagdad, Irak, uitgebreek het.

Die betogers bestaan uit Irakiërs en Iranse burgermagte.

Toe joernaliste Trump in sy Mar-a-Lago-klub in Florida vra of hy 'n oorlog voorsien, het hy gesê: “Wil ek dit hê? Nee. Ek wil vrede hê. Ek hou van vrede. En Iran moet meer as enigiemand anders ook vrede wil hê. So ek sien dit nie gebeur nie.”

Trump het Dinsdag gesê Iranse burgermagte is verantwoordelik vir ’n aanval Vrydag op ’n Irakse weermagbasis, waarin ’n Amerikaanse kontrakteur dood en talle gewond is.

Amerika het Sondag 'n teenaanval geloods. Talle mense is dood.

Trump het Dinsdag getwiet dat Iran ’n “duur prys” sal betaal vir die aanval op die weermagbasis. “Dit is nie ’n waarskuwing nie, dis ’n dreigement . . .”

Dinsdag het duisende betogers, onder wie Iranse burgermagte, weer voor die ambassade opgedaag en skade aan die gebou aangerig.

Trump het weer getwiet: “Iran orkestreer ’n aanval op die Amerikaanse ambassade in Irak. Hulle sal ten volle verantwoordelik gehou word . . .”

Die New York Times berig die betogers het Woensdag weer voor die ambassade betoog.

Weermagtroepe het hulle met traanrook en skokgranate bedwing, maar die leiers van die burgermagte het later self die skare uiteen laat gaan.

Luidens die New York Times het ajatolla Ali Khamenei, opperleier van Iran, Woensdag in ’n toespraak op Trump se dreigemente gereageer: “Jy kan nie alles doen nie . . . As die Islamitiese Republiek besluit om (jou) uit te daag en te beveg, sal hy onomwonde so maak.” – Saamgestel deur Jana Marx

Meer oor:  Donald Trump  |  Oorlog  |  Amerikaanse Politiek  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.