Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump waarsku Iran oor betogers

“Aan die leiers van Iran – MOENIE JUL BETOGERS VERMOOR NIE. Julle het duisende betogers reeds vermoor of in hegtenis geneem. Die wêreld hou julle dop. Meer belangrik, Amerika hou julle dop. Skakel jul internet weer aan en laat verslaggewers vrylik rondloop!”

Só het pres. Donald Trump van Amerika Sondag op Twitter geskryf nadat betogings in Iran vir ’n tweede dag voortgeduur het nadat Iran erken het hy het per ongeluk ’n passasiersvliegtuig van Oekraïne met 176 mense aan boord afgeskiet.

Iran het vroeg Saterdagoggend beken hy het die vliegtuig van die Ukraine International Airlines afgeskiet nadat hy aanvanklik sy betrokkenheid ontken het.

Die vliegtuig het Woensdagoggend by die Imam Khomeini-lughawe in Teheran opgestyg op pad na Kiëf in Oekraïne en is binne minute ná die opstyging afgeskiet.

Dít het enkele ure gebeur nadat Iran missiele op twee Amerikaanse weermagbasisse in Irak afgevuur het nadat Amerika op 3 Januarie ’n lugaanval op ’n prominente figuur in Iran uitgevoer het.

Amerika het genl.maj. Kassem Soleimani van Iran op 3 Januarie in Bagdad, Irak, vermoor, waarna Iran wraak gesweer het.

Betogings is sedert Saterdag aan die orde van die dag in Iran met die Irannese wat sê hul vyand is in hul eie land.

“Hulle lieg vir ons wanneer hulle sê ons vyand is Amerika. Ons vyand is hier,” het ’n groep buite ’n universiteit in Teheran geskree.

Video’s wat op sosiale media gedeel is, wys hoe die polisie stokke en traangas gebruik.

Reuters berig egter dat hulle nog nie kon vasstel of die video’s die ware Jakob is nie.

Trump het ook Sondagaand gesê dat hy nie belangstel daarin of Iran instem om met Amerika te onderhandel nie.

Trump het streng sanksies teen Iran aangekondig nadat hulle twee Amerikaanse weermagbasisse aangeval het in weerwraak van Soleimani se dood. – Reuters

Meer oor:  Iran En Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.