Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump wil Afrika ‘red van geweld’
Pres. Donald Trump van Amerika en Theresa May, Britse premier, praat Vrydag op ’n mediakonferensie oor handelsooreenkomste ná Brexit. Foto: Getty

Pres. Donald Trump van Amerika het belowe om die “gewelddadige en wrede” konflik in Afrika te stop.

“Afrika het probleme wat min mense sal verstaan,” het hy op ’n mediakonferensie ná die vergadering van Navo gesê.

Volgens Trump is sy oogmerk om die Amerikaanse weermag op te bou om vrede oor die wêreld heen te bewerkstellig, berig die BBC.

Amerika is aktief betrokke by die bestryding van terreur en die opleiding van troepe om djihadiste in die Sahara te beveg.

Die 72-jarige president het ná die spitsberaad van Navo in Brussel gesê verskeie Navo-bondgenote het ingestem om meer geld aan verdediging te bestee.

Die BBC berig Trump het hierdie uitlatings gemaak nadat ’n joernalis van Tunisië hom bedank het vir Amerika se hulp in Noord-Afrika teen militante Islamitiese groepe.

Trump het gesê daar is “dinge aan die gebeur wat mense nie sal glo nie”.

“As julle kon sien wat ek deur intelligensie in Afrika sien gebeur. Dit is so hartseer, so gewelddadig en wreed.”

CNN berig Trump het gesê hy wil vrede in Afrika hê. In 2017 het sy regering die verkoop van veiligheidstoerusting en 12 militêre vliegtuie goedgekeur vir die stryd teen Boko Haram.

Meer oor:  Donald Trump  |  Oorlog  |  Vrede  |  Geweld  |  Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.