Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump wil met eie platform na sosiale media terugkeer

Donald Trump, wat sedert 6 Januarie se gewelddadige aanval op die Amerikaanse kongresgebou van alle sosialemediaplatforms verban is, beplan nou om sy eie platform van stapel te stuur.

NBC News berig Jason Miller, woordvoerder van die voormalige president se 2020-verkiesingsveldtog, sê Trump gaan ’n terugkeer tot sosiale media maak met ’n nuwe platform van sy eie.

Oudpres. Donald Trump van Amerika. Foto: Getty Images

Twitter het verlede week gesê hy wil openbare insette van sy gebruikers hê oor wanneer en hoe die platform wêreldleiers moet verban. Volgens Twitter hersien hy sy beleid oor of dieselfde reëls vir leiers as vir gewone gebruikers moet geld.

Twitter, Facebook en ander platforms is die laaste ruk oor die wyse gekritiseer waarop hulle rekeninge van politici en regeringsamptenare hanteer ná hul verbod op Trump weens die aanhitsing van geweld.

Facebook, wat Trump in Januarie onbepaald geskors het, het sy onafhanklike toesighoudende raad gevra om te besluit of die verbod moet voortduur.

Volgens Gizmod voorspel Miller dat Trump se platform “reusagtig” gaan wees en miljoene mense gaan lok. Miller wou geen verdere besonderhede gee toe hy gevra is of Trump die platform self gaan skep en of hy met ’n maatskappy gaan saamwerk om dit te bou nie.

Meer oor:  Donald Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.