Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump wil ‘oorlog’ teen kartels verklaar ná 9 se dood

Pres. Donald Trump sê dit is tyd dat Amerika en Mexiko oorlog teen kartels verklaar nadat nege mense Maandag in Mexiko doodgeskiet is.

Mense op die toneel nadat minstens nege van hul familielede in ’n hinderlaag doodgeskiet is. Foto: Reuters

Trump het dié boodskap getwiet ná die bloedige aanval waarin vier seuns, twee meisies en drie vroue vermoedelik deur ’n dwelmkartel in ’n hinderlaag op die grens van die Mexikaanse deelstate Chihuahua en Sonora doodgeskiet is.

Die sportnutsvoertuig waarin die slagoffers gery het, is ook aan die brand gesteek.

Hulle was lede van die Mexikaans-Amerikaanse families LeBaron, Langford, Miller en Johnson en deel van Mormoon-gemeenskappe wat weggebreek en hulle dekades gelede in die heuwels van Noord-Mexiko gevestig het.

’n Video van die skiettoneel wat op sosiale media geplaas is, wys ’n uitgebrande voertuig vol koeëlgate.

“Nita en vier van my kleinkinders is geskiet en verbrand,” sê ’n man met ’n Amerikaanse aksent in die video. Dit is vermoedelik met verwysing na Rhonita LeBaron, een van die vroue wat in die aanval dood is.

Reuters kon egter nog nie die egtheid van die video bevestig nie.

Julian LeBaron, ’n familielid, het die aanval as ’n “bloedbad” beskryf en beweer van die familielede het doodgebrand.

Hy het aan Reuters gesê dat vier seuns, twee meisies en drie vroue in die aanval vermoor is. Volgens hom het van die kinders in die voertuig ontsnap en was hulle ure lank vermis.

Vyf gewonde kinders is na ’n hospitaal in Tucson, Arizona, geneem en nog ’n seun is in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal Phoenix opgeneem.

Vyf gewonde kinders is na ’n hospitaal in Tucson, Arizona, geneem en nog ’n seun is in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal Phoenix opgeneem.

LeBaron sê hy is nie seker wie die groep aangeval het nie, maar beweer hulle is indirek gedreig en dat hulle dikwels met die kartels in Mexiko in konflik gewikkel was.

Hoewel Alfonso Durazo, Mexikaanse minister van veiligheid, meen dat die slagoffers moontlik vir iemand anders aangesien is, sê familielede die moordenaars het presies geweet vir wie hulle aanval. Reuters

Meer oor:  Pres. Donald Trump  |  Amerika  |  Mexiko  |  Kartels  |  Dwelmhandel  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.