Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Trump wil Palestyne dalk laat praat’

Dit is verstaanbaar dat pres. Donald Trump Amerika se finansiering aan die Verenigde Nasies (VN) gaan verminder wat na Palestynse vlugtelinge omsien, maar dit kan daartoe bydra dat die haglike humanitêre situasie waarin dié vlugtelinge hulle bevind, aansienlik sal versleg.

Dié stap kan ook in die hande van die militante groep Hamas speel en onrus in die gebied verhoog, sê die ouddiplomaat Gert Grobler.

“Trump se besluit is aan die een kant te verstane omdat Amerika sowat $350 miljoen van die VN-agentskap Relief and Works Agency (UNRWA) se totale begroting van $1,2 miljard bydra.

Pres. Donald TrumpFoto: AP

Trump wil hê sowat $200 miljoen van die $350 miljoen moet eerder elders aangewend word.

“Dit is duidelik Trump probeer ander lande dwing om meer by te dra.”

Grobler meen Trump gebruik die geleentheid om groter politieke en finansiële druk op die Palestyne te plaas om hulle te dwing om na die onderhandelingstafel terug te keer en te help soek na ’n oplossing vir die onmin tussen Israel en die Palestyne.

Jared Kushner, Trump se skoonseun, is by dié onderhandelinge betrokke.

Die Washington Post het Vrydag berig ’n aankondiging oor Trump se planne word binne die volgende paar weke verwag.

Die Trump-administrasie is nie tevrede met die manier waarop die agentskap bedryf word nie. Hy wil ook hê die getal Palestynse vlugte moet van vyf miljoen tot minder as ’n tiende daarvan verklein word, skryf die Washington Post.

Buiten die UNRWA, wat die VN in 1949 gestig het ’n jaar ná die totstandkoming van die staat Israel, dra Amerika ook finansieel by tot die Gaza-strook en die Wesoewer.

Die VN-agentskap betaal onder meer vir skole en noodsaaklike dienste in dié twee streke en ook in Jordanië, Sirië en Libanon.

Peter Lerner, ’n voormalige woordvoerder van die Israelse weermag, het in ’n artikel in die koerant Haaretz gewaarsku Trump se besluit kan ernstige gevolge vir Israel en die Palestyne inhou.

Nikki Haley, die Amerikaanse ambassadeur by die VN, het Donderdag gesê Amerika wil hê lande soos Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate en Koeweit moet meer bydra tot die agentskap.

Trump het die Palestyne verlede jaar baie ontstel toe hy Jerusalem as die hoofstad van Israel erken en die Amerikaanse ambassade in Israel daarheen verskuif het.

Sedert dié besluit weier die Palestynse owerheid en sy president, Mahmoud Abbas, om met Kushner en ander Amerikaners saam te werk.

Volgens die Washington Post is daar sowat 1,3 miljoen Palestynse vlugtelinge in Gaza, 800 000 in die Wesoewer, 543 000 in Sirië en 464 000 in Libanon.

Trump het in Januarie al op Twitter gedreig om “honderde miljoene dollars” aan die Palestyne te sny. Hy het hulle daarvan beskuldig dat hulle nie genoeg “waardering en respek” toon nie.

The Guardian van Londen berig Hamas en sy regering beskuldig Trump daarvan dat hy die Palestyne probeer “afpers”.

Peter Lerner, ’n voormalige woordvoerder van die Israelse weermag, het in ’n artikel in die koerant Haaretz gewaarsku Trump se besluit kan ernstige gevolge vir Israel en die Palestyne inhou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.