Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ontploffings ruk Siriese stad

Verskeie ontploffings is kort na 15:00 in die Siriese stad Ras al Ain gehoor nadat die Turkse magte Sirië begin binneval het, ondanks pres. Donald Trump van die VSA se waarskuwing dat hy Turkye se ekonomie heeltemal sal vernietig indien hulle hul planne om aan te val te ver sou voer. 

Dit volg nadat Trump vandeesweek onder Demokrate én Republikeine deurgeloop het omdat hy Turkye, een van sy Navo-bondgenote, hiermee gedreig het.

Pres. Donald TrumpFoto: Reuters

Die VSA het Sondag 50 lede van sy spesiale magte onttrek wat in die noordooste van Sirië ontplooi was.

Dié besluit laat die Koerdiese magte, wat bondgenote van die VSA is, kwesbaar indien Turkye hulle sou aanval. Turkye beskou die Koerde as terroriste wat bande met Koerdiese guerillavegters in Turkye het.

’n Turkse amptenaar het Woensdag aangekondig dat hulle gereed is om “binnekort” die Siriese grens oor te steek.

Politieke kenners en bondgenote in Trump se eie party meen sy besluit hou ernstige gevolge vir die streek in, en daar is vrese dat die terroristegroep Isis kan herrys.

Die Koerde is Amerika se belangrikste bondgenoot in Sirië. Hulle het Isis feitlik eiehandig oorwin.

Soos vroeër berig kan ’n Turkse inval in Sirië in ’n bloedbad ontaard. – Reuters

Meer oor:  Donald Trump  |  Sirië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.