Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Turkse opmars in Sirië duur voort
Sonsopkoms oor Palmyra, Sirië. Foto: Michael Bleby

Turkye gaan ten spyte van Amerikaanse sanksies voort met sy offensief in die noorde van Sirië terwyl die Siriese weermag, wat deur Rusland ondersteun word, die gebied binnegeval het waar Amerikaanse magte vroeër onttrek het.

Reuters-joernaliste is saam met Siriese regeringsmagte na die kern van Manbij, die stad wat die Amerikaners vroeër saam met Turkse magte gepatrolleer het.

Russiese en Siriese vlae het van geboue gehang.

Rusland se Interfax-nuusagentskap haal die Russiese ministerie van verdediging aan dat Siriese magte ’n gebied van meer as 1 000 km² om Manbij oorgeneem het. Dit sluit die Tabqa- militêre vliegveld, twee hidroëlektriese aanlegte en verskeie brûe oor die Eufraatrivier in.

Amerika het Sondag aangekondig dat hy al 1 000 sy soldate aan die noorde van Sirië gaan onttrek. Sy voormalige Koerdiese bondgenote het onmiddellik ’n nuwe bondgenootskap met die Siriese regering gevorm en die Siriese weermag na hul gebied genooi.

Ooggetuies sê die YPG- Koerdiese magte het beheerpunte saam met Siriese troepe beman.

Turkse magte is reeds 15 km noord van die stad. Die Turkse nuusagentskap sê ses burgerlikes is in ’n YPG-aanval dood en 13 gewond in drie nedersettings om die stad Jarablus.

Meer oor:  Oorlog  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.