Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Turkye belemmer hulplugbrug, sê Armenië

Armenië het Turkye gister daarvan beskuldig dat hy vlugte wat hulp na die Nagorno-Karabakh-streek moet bring, belemmer deur Armeense vliegtuie te verbied om sy lugruim te gebruik.

Volgens Armenië kies Turkye kant teen hom in sy verbete stryd teen Azerbeidjan.

Die twee vyandige state het albei reeds ’n skietstilstand verbreek wat Saterdag ná weke se gevegte bereik is. Sowat 400 mense het reeds gesneuwel.

Die skietstilstand moes hulle tyd gee om krygsgevangenes en die lyke van gesneuwelde soldate uit te ruil.

’n Vuurpyl wat naby die dorp Martuni in Armenië geval het, steek bokant die grond uit. Die konflik tussen die land en Azerbeidjan duur voort ondanks ’n tydelike skietstilstand wat Saterdag bereik is. Foto: Reuters

Die konflik het op 27 September losgebars oor die Nagorno-Karabakh-streek in Azerbeidjan. Die meerderheid van sy bevolking is egter Armeniërs, wat wil wegbreek.

Dit is die ergste konflik in die gebied sedert die 1990’s, toe sowat 30 000 mense gesterf het.

Azerbeidjan het eergister aangekondig hy het vir die eerste keer teikens in Armenië getref toe hy twee missiellanseer-terreine vernietig het.

Volgens Azerbeidjan word die lanseerterreine glo gebruik om burgerlike gebiede te teiken.

Shushan Stepanyan, woordvoerder van Armenië se departement van verdediging, het bevestig dat militêre terreine in die gebied getref is.

“Die aanval is uitgevoer bloot op grond van die aanname dat die toerusting na bewering die burgerlike nedersettings van Azerbeidjan gaan tref,” het sy op Twitter gesê.

“Dit is vanselfsprekend dat hierdie bewering geen gronde het nie. Geen enkele missiel, koeël of projektiel is in die rigting van Azerbeidjan afgevuur nie.”

Sy het gesê dat die land hom nou die “reg voorbehou om enige militêre installasies en bewegings van Azerbeidjan te teiken”. – Reuters, Al Jazeera

Meer oor:  Turkye  |  Armenië  |  Hulp  |  Belemmer  |  Beskuldig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.