Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Turkye: ‘Ons gaan nie wapens neerlê’

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye het aan pres. Donald Trump van Amerika gesê hy gaan nie sy land se weermag uit die noordooste van Sirië onttrek nie en nog minder met die Koerde onderhandel.

Amerika het Maandag aangekondig hy stel sanksies teen Turkye in nadat Turkye Sirië verlede week binnegeval het.

Sirië, Turkye
Siriese kinders wat moes vlug toe Turkye die noorde van die land verlede week binnegeval het is in die Domiz-vlugtelingkamp op die buitewyke van Dohuk in Irak afgeneem. Foto: Reuters

Trump het Erdogan glo gebel en op ’n skietstilstand aangedring omdat die Turkse regering glo onskuldige burgerlikes in gevaar stel en die streek destabiliseer, deur onder meer die veldtog teen Isis (Islamitiese Staat) te ondermyn.

Trump het voordat Turkye met hul offensief teen Sirië begin het, Amerikaanse soldate uit die gebied onttrek – ’n skuif waaroor hy onder skoot gekom het van beide die Demokrate en die Republikeine wat meen hy het die Koerde vir die wolwe gegooi.

Amerika en die Koerde is reeds vir dekades lank bondgenote, maar Turkye beskou die Koerde as terroriste.

Erdogan het Dinsdag op ’n nuuskonferensie gesê Turkye is nie bekommerd oor die sanksies teen hulle nie en dat hulle met hul offensief sal voortgaan.

“Hulle het gesê ons moet ’n skietstilstand aankondig. Ons sal nooit ’n skietstilstand aankondig nie. Hulle het druk op ons geplaas om op te hou met die offensief. Hulle kondig sanksies aan. Ons doelwit is duidelik. Ons is nie bekommerd oor sanksies nie,” het Erdogan gesê.

Die sanksies wat Maandag ingestel is, behels dat invoertariewe op Turkse staal met 50% verhoog word nadat dit ses maande gelede verminder is.

Trump het ook onderneem om ’n handelsooreenkoms van $100 miljard wat hy met Turkye sou sluit, te kanselleer. – Reuters

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye sê hulle sal nie ’n skietstilstand aankondig nie en hulle is nie bekommerd oor die sanksies wat teen hulle ingestel is nie. Foto: Reuters

Meer oor:  Tayyip Erdogan  |  Turkye  |  Oorlog In Sirië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.