Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Turkye wil ‘veiligheidsone’ aan Siriese grens skep

Turkye verwag dat sy bondgenote sal help om binne ’n paar maande ’n “veiligheidsone” in Sirië langs die Turkse grens te skep.

Indien dit nie gebeur nie sal sy land dit self doen, het pres. Tayyip Erdogan van Turkye Vrydag gesê.

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye.Foto: Reuters

Pres. Donald Trump het in Desember besluit om al 2 000 Amerikaanse soldate uit Sirië te onttrek.

Erdogan het daarna gesê hy en Trump het die skep van ’n veiligheidsone van 32 km in Sirië se grondgebied bespreek.

Trump se besluit is aangekondig terwyl Turkye voorberei het op ’n aanval teen die Siries-Koerdiese YPG-militante oos van die Eufraatrivier, wat deur Amerika gesteun word.

Turkye het lank reeds sy woede uitgespreek oor Amerika se ondersteuning van die YPG, wat deur dié land as ’n terroristegroep beskou word.

Erdogan sê die veiligheidsone behoort daarop gemik te wees om “ons land van terroriste te beskerm, en nie terroriste reg langs ons grens te beskerm nie”.

“Andersins sal ons beslis self dié sone skep. Ons enigste verwagting van ons bondgenote is om logistieke steun aan Turkye te bied,” het Erdogan aan ondersteuners in die oostelike stad Erzurum gesê.

YPG is ’n belangrike bondgenoot van die VSA in die stryd teen die Islamitiese Staat. Trump het voorheen gewaarsku dat Turkye hulle nie in Sirië moet aanval nie en geïnsinueer dat enige so ’n aanval negatiewe gevolge vir die Turkse ekonomie sal hê.

Erdogan sê nóg die VN nóg die internasionale koalisie wat gestig is om Siriërs beskerm is in staat om ’n veiligheidsone te skep of veiligheid in die streek te handhaaf.

- Reuters

Meer oor:  Pres. Donald Trump  |  Sirië  |  Turkye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.