Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Tutu en Gore staan saam teen klimaatsverandering

Emeritusaartsbiskop Desmond Tutu van Suid-Afrika het sy stem by dié van Al Gore van Amerika gevoeg en lande en maatskappye gevra om met fossielbrandstof weg te doen om klimaatsverandering te stuit.

Tutu (88), Nobelpryswenner en veteraan van Suid-Afrika se stryd teen apartheid, het Gore, klimaatsaktivis en oudvisepresident van die VSA, Dinsdag in Kaapstad ontmoet.

Al Gore in 2019 by die Verenigde Nasies se klimaatkonferensie in Madrid, Spanje. Foto: Reuters

“Elke organisasie wat beplan om in hierdie nuwe dekade verantwoordelik te wees, het ’n morele plig om nie meer deel te wees van die vernietiging van die huidige beskawing nie,” sê die twee in ’n verklaring.

“Alle maatskappye, regerings en instellings wat voortgaan om in fossielbrandstof te belê, ondanks al die bewyse dat dit klimaatsverandering versnel, help met die onreg wat teen die omgewing, die ekonomie en gemeenskappe gepleeg word.”

Gore het in 2006 ’n Oscar gewen vir sy dokumentêre rolprent An Inconvenient Truth en in 2017 het hy die stryd teen klimaatsverandering ’n morele stryd genoem. Hy vergelyk dit met die burgerregtestryd in Amerika en die stryd om gayregte.

Hoewel die Suid-Afrikaanse regering verbind is tot die vermindering van die uitlaat van kweekhuisgasse, bou die land sy elektrisiteitsvoorsiening op die verbranding van steenkool.

Meer oor:  Al Gore  |  Desmond Tutu  |  Klimaatsverandering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.