Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
TV-aanbieder vloek Nederlandse historikus

Die Fox News-aanbieder het ’n Nederlandse historikus, wat vanjaar op die Davos-beraad die superrykes daarvan beskuldig het dat hulle nie belasting betaal soos hul moet nie, in ’n onderhoud gevloek.

Carlson het kwaad geword toe Rutger Bregman hom van onder meer skynheiligheid beskuldig het, die konserwatiewe agenda gekritiseer het van die TV-kanaal waarvoor hy werk en pres. Donald Trump aangeval het.

Tucker Carlson en historikus Rutger Bregman.

Carlson het aan Bregman gesê om in sy maai te vlieg en het hom ’n moroon met ’n klein breintjie genoem.

Fox News het dié onderhoud toe nooit uitgesaai nie, maar Bregman het dit aan NowThis laat uitlek, berig The Guardian.

Die video wat NowThis Woensdagaand op sosiale media geplaas het, is al meer as vyf miljoen keer gekyk.

Bregman het ’n wêreldwye sensasie geword toe hy op Davos gesê het dat miljoenêrs en miljardêrs van die wêreld se grootste probleme is weens belastingontduiking en die lae belasting wat hulle betaal.

Carlson se onderhoud met Bregman het heel ordentlik begin totdat Bregman erg krities begin raak het. Hy het onder meer gesê Carlson is ’n “miljoenêr wat deur miljardêrs gefinansier word” en “nie deel van die oplossing nie maar deel van die probleem is”.

Bregman het Carlson ook daarvan beskuldig dat hy gekoop is deur die Murdoch-familie (eienaars van Fox News) en die Cato Institute, ’n regse dinkskrum waarvan Carlson tot 2015 ’n lid was.

Volgens Bregman het Carlson “vuil geld” ontvang van die instituut wat hoër belastings teenstaan.

“Ek is na Davos om die waarheid te praat en dit is presies wat ek nou doen,” sê Bregman in die onderhoud.

Carlson, wat vir die grootste deel van die onderhoud byna sprakeloos was, sê dan: “Hoekom gaan f*k jy nie jouself nie, jou klein breintjie. Jy’s ’n moroon. Ek het probeer om jou ’n kans te gee om te praat maar jy is té f****n irriterend,” berig NewsHub.

Nadat die video van die onderhoud uitgelek is, het Carlson erken dat hy ongeskik met Bregman was.

Ter verdediging van homself het hy gesê die woorde “het diep uit my hart gekom. Ek het dit oprég bedoel.”

Meer oor:  Tucker Carlson  |  Vloek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.