SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Wêreld
TV-joernalis in VSA noem Ramaphosa 'n rassis

Die Amerikaanse televisie-aanbieder Tucker Carlson het onlangs op die program Tucker Carlson Tonight na Suid-Afrika se planne vir grondonteiening sonder vergoeding gekap en ook na pres. Cyril Ramaphosa as ’n rassis verwys.

Die program is uitgesaai op die TV-kanaal Fox News, een van die gewildste nuuskanale in Amerika. Kort daarna het pres. Donald Trump van Amerika self teen grondonteiening uitgevaar.

Carlson sê Ramaphosa het begin om beslag te lê op sy eie burgers se grond “omdat hulle die verkeerde velkleur het”.

“Dit is letterlik die definisie van rassisme,” sê Carlson aan die begin van dié uitsending.

Hy kap ook na oudpres. Barack Obama omdat hy Ramaphosa in sy gedenklesing op die eeufeesviering van Nelson Mandela se verjaardag geloof het.

“Ramaphosa is een van Obama se gunsteling-leiers. In ’n toespraak ’n paar weke gelede het Obama hom geloof. Hy het die rassistiese regering van Suid-Afrika geloof en ook vir Ramaphosa omdat hy hoop oor die land heen vergestalt.”

Kort ná die uitsending het Trump die volgende getwiet:

“Ek het die minister van buitelandse sake gevra om die grond- en plaasbesettings en die grootskaalse moorde op boere in Suid-Afrika deeglik te bestudeer. (Die) Suid-Afrikaanse regering is nou besig om plase van wit boere te gryp.”

Ernst Roets, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum, het in Mei vanjaar op Carlson se program verskyn. Hy en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, was in Mei vanjaar ’n week en ’n half in Amerika om politici en ander instansies daar te oortuig om buitelandse druk op die regering te plaas om eiendomsreg in Suid-Afrika te beskerm.

Meer oor:  Tucker Carlson  |  Cyril Ramaphosa  |  Rassis  |  Fox News  |  Tv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.