Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Twee in Griekeland in arres weens spioenasie

Die polisie in Griekeland het ’n beampte van die Turkse konsulaat in hegtenis geneem weens beweerde spioenasie, het ’n senior Griekse beampte Vrydag gesê.

Die voorval sal na verwagting verder druk plaas op die reeds gespanne verhouding tussen dié twee lande.

Die beampte, ’n Griekse burger wat werksaam is by die Turkse konsulaat op die eiland Rhodos, is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy ’n week gelede reeds ondervra is. Nog ’n Griekse burger is ook in hegtenis geneem.

“Een persoon het gewerk by die Turkse konsulaat op Rhodos en die tweede persoon het gewerk as ’n sjef op ’n passasierskip op die roete tussen Rhodos en Kastelorizo,” sê ’n polisiebeampte.

Kastelorizo is ’n klein Griekse eiland aan die kus van Turkye.

Een van die verdagtes word daarvan beskuldig dat hy die bewegings van Griekse gewapende magte in die Egeïese see gefotografeer het. Die Griekse media berig albei mans behoort aan die Moslem-minderheid in die noorde van Griekeland.

Turkye het nie gereageer op die inhegtenisnemings nie.

Griekeland en Turkye het ’n lang geskiedenis van gespanne verhoudinge wat wissel van die verdeelde eiland van Ciprus tot ontginningsregte in die Egeïese en die Middellandse see. Spanning het in Augustus opgevlam toe Turkye ’n seismiese ontdekkingsvaartuig ontplooi het in seegebied wat Griekeland as sy eie opeis.– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.