Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Tweede mens in Nederland steek aan by wesel op plaas

’n Tweede geval is waargeneem waar ’n mens met die koronavirus besmet is nadat die persoon in kontak was met ’n wesel wat glo die virus onder lede het, het Nederland se departement van landbou gister bekend gemaak.

Die land se nasionale instituut vir gesondheid glo die kans vir dier-tot-mens-oordrag van die virus buite die plase waarop hulle aangehou word, is “gering”, sê Carola Schouten, Nederlandse minister van landbou.

Die Nederlandse regering het op 26 April gesê ’n wesel op ’n plaas in die suide van die land het die siekte en gevra om ’n wyer­ ondersoek op sulke plase waar wesels vir pels geteel word.

Die regering het verlede week die eerste vermeende geval van wesel-na-mens-oordrag aangemeld. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.