Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Uurglas vir Brexit-ooreenkoms begin leeg loop

Die Europese Unie (EU) het Vrydag gesê nog net “enkele ure” is oor om ’n Brexit-handelsooreenkoms te sluit. Brittanje het terselfdertyd ’n beroep op die EU gedoen om ’n middeweg te vind.

“Dit is die oomblik van waarheid,” het Michael Barnier, die hoofonderhandelaar, aan die Europese parlement in Brussel gesê.

“Daar is ’n kans op ’n ooreenkoms, maar dit is ’n skrale kans.”

Michel Barnier, die EU se hoofonderhandelaar oor Brexit. Foto: Reuters

In reaksie het Boris Johnson, premier van Brittanje, gesê die Britse deur is nog oop.

Johnson het egter bygevoeg Brittanje sal nie skik oor sy viswaters en sy reg om sy eie wetgewing op te stel nie.

“Ons deur staan ??oop, ons sal aanhou praat, maar ek moet sê dinge lyk moeilik,” het Johnson aan verslaggewers gesê.

Brittanje het op 31 Januarie formeel uit die EU onttrek, ná ’n referendum daaroor in 2016. Die oorgangstydperk, waarin reëls oor handel, reis en sake beding moes word, eindig op 31 Desember.

’n Ooreenkoms sal verseker dat handel, wat die helfte van die jaarlikse handel tussen die EU en Brittanje uitmaak, van tariewe en kwotas kwytgeskeld word.

Barnier sê hoewel die partye na ’n ooreenkoms streef, sal die 27 lidlande nie ’n ooreenkoms onderteken wat sy binnelandse mark van 450 miljoen verbruikers ondermyn nie.

Boris Johnson, premier van Brittanje. Foto: Reuters

Johnson, die gesig van die 2016 Brexit-veldtog, sal uiteindelik moet besluit of hy die ooreenkoms wat deur die EU aangebied word, moet aanvaar of ekonomiese chaos moet waag.

Die EU meen Brittanje wil sy brood aan albei kante gebotter hê - voorkeurtoegang tot die EU-markte, maar met die voordeel dat Brittanje sy eie reëls opstel.

Barnier sê die EU moet handelsbeperkings kan oplê indien Brittanje goedere aanbied wat nie aan EU-standaarde voldoen nie.

Johnson beeld Brexit uit as ’n kans om ’n onafhanklike Britse ekonomie op te bou wat baie beter sou wees as sy mededingers.

“Ons moet ook besef dat Brittanje sy eie wette moet kan beheer want dit is waarvoor mense gestem het. Ons moet ook ons gebiedswaters en visvangregte kan beheer,” sê Johnson.

As daar nie ’n ooreenkoms oor goederehandel ooreengekom word nie, kan dit skokgolwe deur die finansiële markte stuur, die Europese ekonomieë en grense benadeel en die verskaffingskettings ontwrig.

Meer oor:  Europese Unie (Eu)  |  Handelsooreenkoms  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.